FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

William en Kate het hul hande vol

Prins William het erken dat hy en vroulief Kate, die hertogin van Cambridge, soos die meeste ouers van ’n nuwe baba en ’n kleuter, maar min slaap kry, berig People.com.

 

William het dít gedeel tydens ’n geleentheid waar hy die Britse vrouesokker-span ontmoet het.

Hy het aan die spanlede vertel dat hy dit baie geniet om pa te wees, maar dat prinses Charlotte, wat byna 3 weke oud is, hulle nie toelaat om baie te slaap nie.

Op die vraag of prins George (22 maande) binnekort sal begin sokker speel, het hy geantwoord dat hy so hoop, want hy hou nooit op beweeg nie.

Een van die sokkerspelers het gesê dit is duidelik dat prins William ’n doodgewone pa is, al is hy ’n koninklike. Sy het bygevoeg dat William baie ontspanne was.

“Hy is ’n normale mens wat normale gesprekke wil voer.”

Lees ook: