Het jy gehoor?

William en Kate neem George na Diana se familie

Die hertog en hertogin van Cambridge en klein prins George het glo die hele naweek by prinses Diana se oudste suster, Lady Sarah McCorquodale, en haar familie gekuier. Diana is Saterdag, 31 Augustus, al vir 16 jaar oorlede.

Kate and William

Sarah het vóór Diana met prins Charles uitgegaan. Beide William en Harry het as kinders saam met hul Spencer-niggies en -nefies gespeel. En die familiebande is steeds sterk. In Junie verlede jaar het Kate, William en Harry hul niggie Emily McCorquodale, Sarah se oudste dogter, se troue bygewoon.

William, wat net 15 jaar oud was toe sy ma gesterf het, het in 2009 vir die eerste keer oor dié hartseer in die publiek gepraat. Hy is aangewys as die beskermheer van ‘n liefdadigheidsorgansasie vir kinders wat rou. Prinses Diana

 

Om nooit die woord “mamma” te sê nie, klink soos ‘n klein ding, maar vir baie, myself ingesluit, is dít nou net ‘n woord – leeg en vol herinneringe … Aanvanklik is jy geskok en jy glo nie dat só iets met jou kan gebeur nie. Die verdriet kom eers heelwat later. Vir baie verdwyn die verdriet nooit nie.

BRON: Hello!