happycouplesized
Het jy gehoor?

William en Kate se 2de huweliksherdenking

Plig voor plesier vir Kate en William op hul tweede huweliksherdenking …

Kate en William gaan ‘n groot gedeelte van hul dag apart deurbring. Kate gaan die Naomi Huis vandag besoek. By dié hospies vir kinders gaan Kate met die pasiënte en hul families gesels en self ‘n klein tee-partytjie vir die kinders reël.

“Haar teenwoordigheid sal ons pasiënte, families en vrywilligers opbeur – hulle sal mal daaroor wees om haar te ontmoet!” het die voorsitter van dié hospies gesê. Kate se besoek is op dié dag beplan, omdat haar skoonpa, Prins Charles, die hospies op dié dag in 1997 geopen het.

Vir dié geleentheid het Kate vir die eerste keer in haar kapasiteit as hertogin van Cambridge ‘n video-boodskap opgelaai:

Verlede jaar het die paartjie hul herdenking in ‘n hotel gevier nadat hulle die vorige nag daar geslaap het ná ‘n troue wat hulle bygewoon het. Volgens die personeel van die hotel wou hulle geen spesiale behandeling ontvang nie en het heerlik saam met die ander gaste by die hotel gekuier.

Die aand het Kate glo vir William ‘n aandete voorgesit wat sy lank vooruit beplan het. Maar dié jaar se herdenking is spesiaal vir sy eie rede: dis die laaste herdenking wat dit net hulle twee gaan wees. Volgende jaar is daar ‘n pienkvoet in die rondte!

Kate sal na verwagting in Julie geboorte gee aan hul eersteling. Kyk hoe groot is haar magie al:

Kate

Hier is van ons gunsteling foto’s van die koninklike paartjie die afgelope twee jaar:

Kate en William

Kate en WilliamKate en William