1341928798248.cached
Het jy gehoor?

Britse koninklikes se wittebrood-foto’s lek uit

Op die Australiese tydskrif Woman’s Day se voorblad is ‘n foto van prins William en Kate in hul swemklere op die strand tydens hul wittebrood. En binne verskyn daar glo nóg 15 eksklusiewe foto’s. Die prins se pers-span het tot dusver nog geen kommentaar gelewer nie.

Verskeie koerante was wel bewus daarvan dat die koninklike paar na North Island in die Seychelle sou gaan vir hul wittebrood, maar het op versoek van die koningshuis ooreengekom om nie fotograwe te stuur nie.

Die vinger wys nou na die Britse poniekoerante of foto-agentskappe wat geweet het waarheen die pasgetroudes sou gaan. En vrae word gevra of iemand met binnekennis dit sou uitlek na ‘n fotograaf.

  • Sorinda

    Ja wel sy is nog nie die Koningin nie…tot dan…..wel as die Koningin dit wil dan moet sy buig

  • Lynette

    Die koningklike protokol is ‘n pot vol nonsens, Ek sou nie voor een van die dogters van Prns Andrew gebuig het nie! Hulle kon dit maar verander het siende dat William tog Koning van UK gaan word.!!

  • Jolene

    Volgens my is die gebuigery sommer oudtyds en onvanpas in die lewe. Geen persoon hoef voor ‘n ander te buig nie, nie eens uit kwansuise respek nie!!!

  • anita carstens

    nee wat mens buig net voor een entiteit en dis jou God.. Gn mens moet voor gebuig word nie.. Dis die 20ste eeu…