FOTO: Ivanna Salgado (Unsplash)

FOTO: Ivanna Salgado (Unsplash)

Het jy gehoor?

SA se William Kentridge verf muur in Rome!

Die werk van Suid-Afrika se internasionaal bekroonde kunstenaar William Kentridge gaan op 21 April 2016 teen die muur van Rome se Tiber-rivier gesien word. 

Die rivieroewers van die Piazza Tevere gaan spog met meer as 80 kunswerke van William Kentridge, en dit sal oor meer as ‘n halwe kilometer strek! Die reeks, Triumphs and Laments: A Project for Romegaan die storie van Rome vertel. Al die tekeninge van Kentridge handel oor prominente gebeure in dié stad se geskiedenis.

Kentridge se houtskooltekeninge word in ink oorgedoen en vergroot na stensils van 10 meter hoog. Sodra die stensils teen die muur geplaas word, word die area rondom die stensil met ’n kragwasser skoongemaak. Hierdie proses noem hy “omgekeerde graffiti”.

FOTO: Instagram (@andrea.valeri)

FOTO: Instagram (@andrea.valeri)

Kentridge is bekend vir sy grootskaalse kuns, houtskooltekeninge, animasie-films en teater-aanbiedinge.

via GIPHY

Jy kan deel wees van dié projek

Kickstarter, ’n fondsinsameling-webwerf, maak jou ook deel van die laaste 10 kunswerke wat opgerig gaan word. Jy kan verskillende bedrae borg en in ruil daarvoor kry jy video’s, handtekeninge en sketse.

Hierdie kunswerke sal vir jare en jare teen die muur te sien wees. Soos die muur verweer, sal die tekeninge verdwyn en weer saamsmelt met die algehele kleur.

Lees ook: