Elize en Wilson in Saxonwold, 1992
FOTO Verskaf

Elize en Wilson in Saxonwold, 1992 FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Wilson en Elize Cawood se nuwe stuk: ‘Mense loop stunned uit’

Wilson Dunster en Elize Cawood behoort tot SA se toneel-adel. Nou speel hulle weer saam in ʼn toneelstuk, ’n Geworry, deur Saartjie Botha. Hul jare lange vriend Gerrit Schoonhoven behartig die regie.

Ek en Wilson in Saxonwold, 1992

Elize en Wilson in Saxonwold, 1992

Hulle speel sedert 2005 saam in hul eie tweeman-verhoogproduksies. Dit het begin met Art of Charf, gevolg deur die supergewilde Dinner for One. Die opvolg, Dinner for Two, met Elize as die butler en Wilson as die ou grande dame, was weer ʼn treffer. Daarna was dit die stuk Wagkamer, ook geskryf deur die bekroonde Saartjie Botha. Dit word steeds opgevoer.

Nou, met ’n Geworry, breek hulle weg van die komedie-genre en pak ʼn drama aan. “Ons wil uitgedaag word, en ons gehoor uitdaag, en o jinne, Saartjie kan skryf,” sê Elize. Hulle het Saartjie genader om die skryfwerk te doen.

Die toneelstuk word in drie dele aangebied. In die eerste deel praat die akteurs met die gehoor, byna soos in die TV-reeks Modern Family. Deel twee is meer realisties. Dit speel af in ʼn hotelkamer en die twee karakters praat met mekaar. “Deel drie is baie topical – mense loop stunned daar uit. Dit is ’n baie mooi produksie,” sê Elize. Maar meer oor die stuk kan hulle nie verklap nie.

“Mense moet die stuk kom sien om toneel te kyk, hulle moenie kom kyk om ons te sien wat komedie doen nie. Dít is ware teater,” sê Wilson.

FOTO: Facebook

Elize en Wilson in ‘n toneel uit ‘n Geworry FOTO Facebook

Díe twee is al 34 jaar getroud en 37 jaar saam. Wilson is 73 en Elize 64. “Saam is ons al 80 jaar in die bedryf!” beklemtoon Elize. Met so baie toekennings vir hul toneelspel dat hulle self nie seker is hoeveel nie. “20 of 25,” sê Wilson. “Erkenning vir ’n akteur se werk is belangrik. ‘n Mens is dankbaar.”

vir altyd

Wilson en Elize in ‘n toneel uit Vir Altyd FOTO Jacques “Jay” Loots, keyart.co.za (verskaf)

Met filmrolle vir albei in die SA lokettreffer Vir Altyd, Wilson se scene stealing-vertolking in die opkomende Sy Klink soos Lente en Elize wat weer haar staal wys later vanjaar in Vir die Voëls, ken ons hulle in dié medium alte goed. Maar iets gebeur in ʼn teater, hul talent word tasbaar. Die spelers is so kundig dat jy vergeet dis akteurs; die karakters so lewend soos regte mense. Só ‘n ervaring is blywend.

’n Geworry word 31 Julie 15h00 by die Pierneef-teater in Pretoria opgevoer. Kaartjies is teen R120/ R130 beskikbaar. Skakel 012 329 0709

Die toneelstuk is ook 8 Augustus by die Kalfiefees op Hermanus, en 13 Augustus by die Newcastle-winterfees te sien.

Lees nou

Melktert-jaffel

Wilson Dunster: “Ek is ook ’n loner”