wimbledon

FOTO Instagram (@domicibulkova)

Het jy gehoor?

Wimbledon: Gaan Dominika haar eie troue maak?

Die Slowaakse tennisspeler Dominika Cibulková het die derde gekeurde Agnieszka Radwańska van Pole gister in ’n spannende wedstryd van drie uur geklop om na die kwarteindronde deur te dring. Maar dit laat haar nou met ’n dilemma indien sy vandag met die Rus Elena Vesnina afreken en tot die halfeindronde deurdring: Sy sal haar troue moet kanselleer!

Al is die troue in Bratislava eers Saterdag, sal alles te gejaagd wees, selfs al val sy Donderdag teen haar volgende teenstander vas.

Dominika, wat 18de op die wêreldranglys is, het aan The Telegraph gesê, sou dit gebeur dat sy haar troue moet uitstel en sy dring tot die eindronde Saterdag op Wimbledon se hoofbaan deur, sal dit wees soos ’n droom wat waar word, want dit sal die hoogtepunt van haar tennisloopbaan wees. 

 

Ons weet nie van jou nie, maar ons gaan beslis die televisie dophou om te sien om watter rede Dominika en haar verloofde, Miso Navara, die 9de Julie vir altyd gaan vier …

Cmuk A photo posted by Dominika Cibulkova (@domicibulkova) on

Lees nou

Ons trots SA sport-oomblikke …

Ons gunsteling-Instagrams van die week!

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

Jy is genooi: 1 rok – 3 troues