FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Wink ’n Hollywood-rol vir Jena Dover? PLUS sy groet die regswese

Die vermaaklikheidswêreld roep aktrise en model Jena Dover van jongs af, maar nou het sy finaal besluit om haar volle aandag aan dié deel van haar loopbaan te gee.

Jena werk al vir jare nie net as model en aktrise nie, maar ook as prokureur by een van die land se grootste regsfirmas. Verlede week het sy besluit om haar regsloopbaan vir eers te laat vaar.

Jena Dover praat oor rekord-fliek

“Ek ervaar al vir ’n ruk dat dit net moeiliker word om die balans tussen my werk as prokureur en my werk in die vermaaklikheidswêreld te vind,” vertel sy aan SARIE.com. “Ek weet al lank dat ek dié besluit ter wille van my gesondheid moet neem en die vermaaklikheidsbedryf het nooit opgehou om my te trek nie. En nou is die beste tyd om my loopbaan as aktrise en model te volg, terwyl ek nog jonk is.”

Aktrise en model Jena Dover FOTO: Twitter (@JenaDover)

Aktrise en model Jena Dover
FOTO: Twitter (@JenaDover)

Dis dié dat sy verlede week finaal besluit het om haar bedankingsbrief in te gee. Van Julie af werk sy nie meer vir die firma nie en in September trek sy Kaapstad toe.

“Die geleenthede in Kaapstad is beter. Daar is ook ’n groot moontlikheid dat ek in ’n gróót Amerikaanse TV-reeks gaan speel wat in Kaapstad verfilm word.” Sy wil nog nie die naam van dié TV-reeks bekend maak voordat sy die kontrak geteken het nie, maar hou SARIE.com dop vir dié nuus.

Claire Danes se Homeland-faam kom Kaapstad toe!

Tog beteken dié skuif nie dat Jena die regte finaal groet nie. “Ek sal vir seker eendag weer as prokureur werk,” sê sy. “My tyd as prokureur was ’n wonderlike en ’n magtige ervaring. Ek dink ek het baie gegroei, veral as lid van die media-span by ons firma.”

Bekendes se tweede werke

Jena en Top Billing se Jonathan Boynton-Lee FOTO: Twitter (@Jena Dover)

Jena en Top Billing se Jonathan Boynton-Lee
FOTO: Twitter (@Jena Dover)

Maar vir nou jaag Jena, wat as jong meisie ’n aanbieder by KTV was, haar drome in die vermaaklikheidswêreld opgewonde én hoopvol na.

Ek is ook so bietjie bang, maar ek móét uit my gemaksone kom

 – Jena oor haar loopbaanskuif

KTV se Roxy Burger trou – foto’s

Jena het toe sy net 19 jaar oud was in Amerika gaan bly, maar op 23 teruggekom. “Ek het teruggetrek, want ek het heimwee gekry en ek het nie van Los Angeles gehou nie.” Dié stad het te veel na haar sin op roem gekonsentreer. “Ek wou nooit beroemd wees nie, ek wou maar net ’n aktrise wees.”

Meisie van Kuruman praat oor haar lewe in Los Angeles

Intussen pak Jena solank haar tas Kaap toe met baie drome in haar hart. Ook om eendag wetgewing te verander sodat akteurs in Suid-Afrika beter betaling kan kry …

Bertha le Roux Julie 2014 jul july* Lees ook in die Julie-uitgawe van SARIE van 3 vroue wat aan die diep kant gespring het om ’n totaal ander beroep aan te pak – en ’n sukses daarvan gemaak het.