Het jy gehoor?

Leef weer in Winnie-the-Pooh se wêreld. Nooi jou kinders saam!

Beleef weer saam met jou kinders die onskuld en fantasie van die wêreld van Winnie-the-Poo en sy vriende. Dit is waar heuning soeter proe en alle drome waar kan word. G’n wonder dié klompie is onder die mees geliefde Disney-karakters nie.

Dit is die eerste Pooh-film in meer as 35 jaar! Don Hall en Steve Anderson, die regisseurs, het prente uit die 1960’s se Winnie-the-Poo-reekse gebruik en dit met moderne tegnologie aangepas om tot vandag se kinders te spreek. Maar moenie bekommerd wees nie, die unieke karakter van die inwoners van Hundred Acre Wood is steeds onmiskenbaar!

Winnie the Pooh Winnie the Pooh Winnie the Pooh

Met die tydlose sjarme van die oorspronklike Winnie-the-Poo sal die nuwe weergawe gehore van oud en jonk aangryp. En natuurlik is al Pooh se maatjies, Tigger, Rabbit, Piglet, Owl, Kanga, Roo en Eeyore,  daar om saam pret te hê.

Om die terugkeer van Winnie-the-Pooh na die grootskerm te vier, het ons spesiaal vir jou kroos ’n klomp pret en plesier bymekaargekry.

HIER’S 5 OULIKE WINNIE-INKLEURPRENTE VIR DIE KLEINSPAN

Druk dit uit en kleur in!

prent_1.jpg

prent_2.jpg

prent_3.jpg

prent_4.jpg

prent_5.jpg

MAAK ‘N WINNIE-THE-POOH-MASKER

Winnie the Pooh masker

Wat jy benodig:

  • Winnie-the-Pooh-stensil
  • Skêr
  • Dun karton
  • Swart, liggeel, donkergeel en rooi papier
  • Gom
  • Potlood
  • Gaatjiepons
  • Messie
  • Rek
  • Kramdrukker

Metode:

  1. Druk die Winnie-stensil (sien pdf op dié blad) uit en trek dit mooi af op die karton en liggeel papier. Knip nou die oortjies en die skadu’s uit die donkergeel papier. Knip die ogies, wenkbroue, neus en mond uit die swart papier en die tong uit die rooi papier.
  2. Begin deur die binne-oortjies op die regte plekke op die papierkop te plaas. Plak nou die ‘skadu’ ook op die gesig en die wenkbroue net daarbo.
  3. Plak nou die neus, mond en tong op.
  4. Sit die ogies in posisie (moet nog nie plak nie) en teken dit af. Gebruik nou die messie om die ogies versigtig uit te sny – sny dit effens kleiner as die ogies uit swart papier.
  5. Pons nou ’n gaatjie in elke swart ogie en plak dit bo-oor die ooggate. Maak seker jou kind kan mooi deur die gate sien. Indien nie, kerf die gate groter met die messie.
  6. Plaas nou die papier bo-oor die karton en maak die ooggate op dieselfde plek op die karton.
  7. Knip nou ’n stuk rek net lank genoeg om om jou kind se kop te pas. Kram dit aan die masker vas.
  8. Nou kan jy die masker vasplak aan die karton, wat as versterking dien.


MAAK DIE ‘OWL’-KOLWYNTJIES

Owl kolwyntjie

Benodighede:

Een baksel sjokoladekolwyntjies

Sjokoladeversiersuiker

Ronde karamellekkers

Waspapier

Koekroller

Witsjokolade-sirkels

Sjokoladestukkies

Kombuisskêr

Stringe drop

Kasjoeneute

Metode:

 

  1. Smeer een derde van die bokant van elke kolwyntjie met die sjokoladeversiersel.
  2. Maak nou die uil se oë. Neem die ronde karamellekker (as dit te dik is, sny dit in die helfte om dit platter te maak). Plaas dit tussen twee lae waspapier en rol dit plat met ’n koekroller.
  3. Plaas nou die witsjokoladesirkels bo-op die plat karamellekkers en sit ’n sjokoladestukkie bo-op die witsjokolade om die res van die oog te vorm. Sit ’n paar oë op die versierde deel van elke kolwyntjie.
  4. Knip twee ‘vere’ van 3cm elk uit die drop en plaas dit bo die oë.
  5. Gebruik nou die kasjoeneute om die snawels te vorm.

JOU WINNIE-MASKER-STENSIL:

winniemasktemplate.pdf

KYK DIE VOORPRENT HIER:


  • Anita Steyn

    Dis pragtig ek is n onderwyseres en my klas is die Winnie the Pooh klas

  • Elsie

    Baie dankie vir die inkleurprente en masker stensil. My kleindogter gaan dit baie geniet.