FOTO Facebook / Winona Ryder

FOTO Facebook / Winona Ryder

Het jy gehoor?

Winona Ryder se Hollywood-terugkeer

Sy was die 90’s se liefling en haar verhouding met Hollywood-akteur Johnny Depp het die wêreld oor aandag getrek. Ná al die jare is Winona Ryder nou weer in die kollig, dié keer in die Netflix-reeks Stranger Things.

Edward Scissorhands, Beetlejuice, Mermaids, Heathers, The Age of Innocence, Girl Interrupted. Die 90’s was Winona se dekade. Haar goeie spel was in aanvraag en groot regisseurs soos Martin Scorsese en Francis Ford Coppola het met haar gewerk.

Winona en Johnny was van 1990 tot 1993 verloof. Johnny het selfs Winona Forever op sy arm laat tatoeëer, maar hul verhouding het in 1993 tot ’n einde gekom.

In 2001 het Winona Ryder ’n laagtepunt in haar loopbaan bereik. Sy het nie meer goeie rolle gekry nie en is ook in dié jaar gearresteer nadat sy $5 500 (sowat R76 750) se ontwerpersklere in ’n winkel in Beverly Hills, Kalifornië, gesteel het.

Vir langer as ’n dekade kon sy nie weer die sterstatus van die 90’s bereik nie. Maar haar spel as Joyce Byers in Netflix se Stranger Things kry groot lof. En kenners meen dis die begin van groot dinge, berig Time.

Haar karakter, Joyce, se 12-jarige seun, Will, verdwyn onverklaarbaar. Dié reeks huldig die 80’s se wetenskapfiksie-rolprente.

Lees nou

Skeer: bedank die Egiptenare en Alexander die Grote

Amalia en Egoli se Jo!