FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wittebroodfoto’s: Adam Levine en Behati Prinsloo

’n Troue in Mexiko en ’n troue in Suid-Afrika met ’n wittebrood tussenin. Dít is glo Adam Levine en model Behati Prinsloo se plan.

Die troue met sowat 275 gaste wat by Flora Farms in Los Cabos, Mexiko, gehou is, was glo vet pret. En met gaste soos Robert Downey Jr., die SA model Candice Swanepoel en die akteur Jonah Hill kon dit seker nie anders nie.

Hoewel die foto’s van die troue nog nêrens gewys is nie, sê gaste dat Behati pragtig gelyk het in haar Marchesa-skepping wat spesiaal vir haar gemaak is – en hoe dan anders. Lees meer oor haar trourok HIER.

Op die oomblik geniet Behati en Adam eers hul wittebrood, waarna hul glo weer in Suid-Afrika gaan kom trou – spesiaal vir Behati se familie en vriende wat nie die eerste troue kon bywoon nie. Of gaan dit dalk in haar geboorteland, Namibië, wees?

Hier is solank die eerste foto’s van hul wittebrood. Ons kan nie wag vir die troufoto’s nie!