FOTO: Instagram/ @mileycyrus

FOTO: Instagram/ @mileycyrus

Het jy gehoor?

Woody Allen se nuwe muse: Miley Cyrus

Dis alombekend dat die veteraan-regisseur Woody Allen gereeld sy muses verander. So gereeld soos wat jy jou kar se lisensie moet hernu, so gereeld kies Woody ’n nuwe aktrise om hom te inspireer. En dié keer is dit niemand anders as die omstrede sangeres Miley Cyrus nie. 

Woody het besluit om vir Miley in sy eerste reeks vir Amazon.com te laat speel. Die reeks speel in die 1960’s af en dié twee gaan teenoor mekaar speel. Die reeks, wat hy ook self geskryf het, bestaan uit ses episodes. Die verfilming sal in Maart begin, berig Deadline.

Dit is duidelik dat Miley baie opgewonde is oor die speelkans teenoor Woody. Sy het haar reaksie op sosiale media gedeel:

My next few months look a lot like dis

A photo posted by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

 

Woody se vorige muses

Mia Farrow

Diane Keaton

Scarlett Johansson

Penélope Cruz

Emma Stone

Cate Blanchett

Naomi Watts

Lees nou