Woolworths_Campaign_Image_1
Het jy gehoor?

Woolworths betrek Pharrell Williams by nuwe veldtog

Woolworths het gister groot opwinding veroorsaak toe hy aangekondig het dat hy en die Grammy-wenner Pharrell Williams sal saamwerk in hul nuwe veldtog, Are you with us? Pharrell het op Twitter aangekondig dat hy Suid-Afrika in September sal besoek as deel van dié ooreenkoms, en dié twiet is al meer as 2 000 keer hertwiet.

Screen Shot 2015-04-10 at 11.08.06 AM

Die vennootskap met die internasionaal bekende sanger is gegrond op gedeelde waardes met betrekking tot volhoubare verandering in mense se lewens asook die omgewing. Pharrell se filantropiese werk fokus veral op onderwys en omgewingsbewaring.

“Dieselfde waardes lê na aan die hart van ons besigheid en vorm die grondslag van ons ooreenkoms om ’n beter toekoms vir ons kinders, ons land en ons planeet te verseker,” het Ian Moir, die uitvoerende hoof van Woolworths, in ’n persverklaring gesê.

Pharrell sê sy doelwit is om die wêreld te verander, en dat mense wêreldwyd moet hande vat om hul deel te doen. Hy meen Woolworths is ’n bloudruk van hoe besighede bedryf moet word. En sê hy wil veral die onderwys in Suid-Afrika positief beïnvloed met hierdie veldtog.

Mode speel natuurlik ook ’n pertinente rol. Pharrell sal die styldirekteur van Are you with us? wees, en sê mode moet nie net cool wees nie, dit moet ook volhoubaar wees. Hy word in die modewêreld gesien as ’n fashionista. En hoe dan anders? Hy het in 2014 met ’n kortbroek-tuxedo by die Oscars opgedaag, waar hy ook sy supergewilde treffer, Happy, gesing het.

ARE YOU WITH US

 

Raak só betrokke by Are you with us?

SKEP SAAM: Woolies het kragte saamgespan met Bionic Yarn®, wat materiaal maak uit herwinde plastiek om volhoubare T-hemde te maak. Ontwerpstudente word genooi om hul ontwerpe in te skryf en so die inisiatief te ondersteun. Pharrell sal die wenners kies en dis sal landwyd in Woolworths verkoop word. Wenners sal ook elkeen R25 000 ontvang.

GEE SAAM: Deur jou My School, My Planet en My Village kaart te gebruik kan jy help om saam met pharrel R1 miljoen in te samel vir onderwys.

SING SAAM: Skool-sanggroepe moet solank oefen, want daar sal ’n kompetisie gehou word om om in September saam met Pharrell Williams op te tree by ’n konsert wat eksklusief vir WRewards-lede gehou sal word.

WEN SAAM: As jy nog nie ’n WReward- of My School-kaart het nie, is dit nou die tyd om een te kry! Jy kan kaartjies wen na die eksklusiewe konsert in September as jy nou aansluit.

 

Volg die Are you with us?-veldtog op sosiale media by #pharrellwithwoolies

Volg Pharrell Williams op Twitter: @Pharrel

 

Lees ook: