Het jy gehoor?

Wyle supermodel se 6-jarige dogter nou ook model

Anna Nicole met haar smeulende Marilyn Monroe-voorkoms het beroemdheid verwerf as die gesig van modehuis, Guess. En nou is haar 6-jarige dogter ook model vir dié modehuis se somer-kinderreeks wat Januarie 2013 bekend gestel word.

Dannielynn was 5 maande oud toe haar ma, ook ‘n voormalige Playboy-‘playmate’, in 2007 op 39-jarige ouderdom dood in ‘n Hollywood-hotelkamer aangetref is weens ‘n oordosis voorskrif-medisyne.

Volgens Pa Larry is Dannielynn se deelname aan hierdie advertensieveldtog ‘n huldeblyk aan haar ma en sal sy nie ‘n modelloopbaan volg nie. Dannielynn wil ‘n dokter word, het hy gesê.

Die foto’s is onder toesig van gesoute Guess kreatiewe direkteur, Paul Marciano, op ‘n strand in Malibu geneem. Volgens hom deel Dannielynn haar ma se speelse houding op die stel.

FOTO: ANNA NICOLE SMITH IN ‘N IKONIESE GUESS-ADVERTENSIE

Anna Nicole Smith vir Guess

  • Angelique

    Ag dis baie hartseer, dat so mooie dogtertjie sonder haar ma moet grootword. Ek sal nie sonder my ma kon grootword nie…