Aletté, Heinz, Lian en Simeon 'n paar maande gelede 
FOTO:  Salomien Smal – Of The Earth Photography

Aletté, Heinz, Lian en Simeon 'n paar maande gelede FOTO: Salomien Smal – Of The Earth Photography

Het jy gehoor?

Aletté, Milan en ander sterre se gunsteling Moedersdag-geskenke

Aletté-Johanni Winckler

Dit gaan groot feesvieringe die naweek in die Winckler-huis wees. Nie net hou hulle ‘n gesamentlike partytjie vir die seuns, Lian (2) en Simeon (1) nie, hulle gaan ook vir Heinz in die Jesus-musiekblyspel kyk – en al die oumas en oupas van die Kaap en Parys gaan dié geleentheid bywoon.

Voordat almal weer in hul eie rigtings spat, gaan daar ‘n groot Moedersdagontbyt gehou word. Alhoewel Aletté by Heinz vir ‘n iPad Mini geskimp het, voel sy dit is die gedagte agter die geskenk wat die meeste tel.

Ons sal maar sien wat gebeur, maar enige iets – selfs ‘n blom uit die tuin wat uit die hart bedoel word, sal lekker wees en waardeer word!

Milan Murray

Milan Murray

“Ek en my skoonsuster is goeie vriendinne. Ons mans konkel al die hele week aan ‘n gesamentlike verassing! Ek sien uit dat ons twee gesinne die dag saam deurbring.” Milan is ma van Steph (6) en Lua (4).

Milan Murray

En die beste geskenk vir dié aktrise en televisie-aanbieder? Enige troetel- en bederfgeskenkie vir dié besige ma!

Kate Hudson

Kate Hudson

Kate se seun, Ryder (9), geniet dit om vir sy ma juweliersware soos armbandjies te maak. “Dit is net te kostelik,” sê dié 34-jarige aktrise.

“Hy het onlangs vir my ’n boom uit stokkies gemaak en skulpe geverf en dit vir blare gebruik.” Dit is hierdie persoonlike moeite wat Kate waardeer.

Sarah Jessica Parker

Sarah Jessica Parker

Sarah is die ma van James Wilkie (10) en die 3-jarige tweeling Loretta en Tabitha.

“Enige briefie wat James Wilkie vir my skryf is dierbaar – hy skryf lieflike, emosionele briefies en hy is ook nogal snaaks. My dogters teken vir my prente van hulself én van dit wat hulle wil hê. Loretta het ’n lang krale-hangertjie geteken wat sy aan my gestuur het met die hoop om dit eendag te kry.”

Gwyneth Paltrow

Chris Martin en Gwyneth se kroos Apple (8) en Moses (7) maak ook Ma se dag met handgemaakte geskenke.

Gwyneth Paltrow

“Hulle het nou die dag ‘n klas bygewoon waar hulle breekware verf. Apple het vir my ’n pragtige beker gemaak. Dit was ’n wonderlike geskenk.”

Julie Bowen (Claire van Modern Family)

Julie Bowen

Julie sê verlede jaar se Moedersdag saam met Oliver (6) en die tweeling John en Gustav (4) was spesiaal. “Ons het strand toe gegaan en ‘n walviskoei en haar kalfie gesien. Ek het ook ’n fotoraam gekry wat met bierdoppies versier is – ek het gedink dit is snaaks, want die kinders kon dít nie uitkies nie! Ek het gevoel dit is dalk ‘n kwinkslag van die onderwysers!

Addisionele bronne: US Magazine