Zanne Stapelberg met haar jongste, Katinka, net ná haar geboorte FOTO: Twitter @ZanneStapelberg

Het jy gehoor?

Zanne Stapelberg gesels oor ma-wees + FOTO’S van haar kinders

Dit verg kreatiewe beplanning om werk en ma-wees te laat jel, vertel operaster Zanne Stapelberg aan SARIE-joernalis Marguerite van Wyk.

Alexander, haar oudste, is vanjaar in gaad 1, so hy móét om agtuur saans bed toe gaan, sê Zanne. Haar man, Jomar, die eienaar van ’n multimedia-agentskap in Kaapstad, staan haar gelukkig baie mooi by met die kinders.

Zanne en haar oudste,  Alexander

Zanne en haar oudste, Alexander FOTO: Facebook

“Ek staan sesuur soggens op om Alexander ontbyt te gee, reg te kry en skool toe te neem en daarna begin my admin, e-posse, Skype-sessies, beplanning. Daar is dikwels repetisies en vergaderings voor eenuur, wanneer ek hom by die skool moet gaan haal. Maja is drie en Katinka is een jaar oud en my ouers, skoonouers en haar peetma is altyd bereid om te help met al die kinders.

Sy glo in die cliché: hoe besiger jy is, hoe meer kan jy doen. Later vanjaar gaan sy nog ’n album uitreik (sy wil nie meer verklap nie). Sy lees van vanjaar af gedigte en verhale vir RSG se Vers en Klank en Kortom wat deur Margot Luyt aangebied word: “Dit is ’n kleintyd-droom.’’

Zanne se Maja FOTO: Twitter  @ZanneStapelberg

Zanne se Maja
FOTO: Twitter @ZanneStapelberg

Zaza blom ook oor vele geleenthede wat sy kry om haar uit te leef in toneelspel. Van 21 – 24 Mei speel sy in die splinternuwe eenvroustuk Muse by Kunstekaap se Arena-teater “Mandla Mbothwe, die regisseur, is my kreatiewe sielsgenoot. Wat ’n voorreg om saam met hom te kan werk.’’

En moenie vergeet dat sy heeljaar lank die Feëkoningin in die kinderproduksie Liewe Heksie is nie. “Heksie, Blommie, die Feëkoningin en Gifappeltjies & kie sal by die KKNK te sien wees op Oudtshoorn en sal ook deur die land toer, waarna ek baie uitsien.”

Zanne se Katinka FOTO: Twitter  @ZanneStapelberg

Zanne se Katinka
FOTO: Twitter @ZanneStapelberg

Lees HIER oor die opwindende projek wat sy saam met Karen Zoid en Zolani Mahola aanpak.

  • Renske

    Sjoe en dan nog tussen in ‘n affair met haar klankman in te pas. Dit wil gedoen word. Arme kids.

  • Renske

    blykbaar loop zanne stapelberg baie rond, sieeeees!!!!!!!!!