sany1084
Het jy gehoor?

Zapiro, Zuma, Malema, Madiba, Zille en Tutu laat ons lag

Die satiriese nuusprogram ZA News waarvan die karakters deur Zapiro se spotprente geïnspireer is, is nou op die web beskikbaar.

Die eerste episode was Dinsdag 6 Oktober op die web te sien. ZA News, wat met politieke satire en aktuele kwessies gelaai is, sal elke dag ‘n nuwe episode bied. Saterdae word kykers met die hoogtepunte van die week se episodes bederf.

Dié omstrede “nuus”-program, wat oorspronklik ZNews genoem is, sou aanvanklik op TV deur die SAUK uitgesaai word. Nadat dit deur die publieke uitsaaidiens verwerp is, is dit ZA News gedoop en vir die web aangepas.

Julius Malema, Jacob Zuma, Helen Zille, Nelson Mandela en Desmond Tutu is van die publieke figure wat in pop-vorm gesien kan word. Die poppe is tot die fynste detail afgerond. Selfs die stemme en kenmerkende gebare van die publieke figure word foutloos nageboots.

Die reis wat ZA News onderneem het om te kom waar dit vandag is, was nie kort nie. Volgens die regisseur, vervaardiger en mede-skepper, Thierry Cassuto, het hy en Zapiro tien jaar terug daaraan gedink om ‘n satiriese nuusprogram met poppe te maak.

“Die internet is die perfekte platform vir dié program, want dit sny die middelman uit. Dit kan nou direk vanaf kunstenaar na kyker gaan. ZA News gaan verseker dat jy jou daaglikse dosis komedie inkry.”

Die episodes, wat elk 3 minute lank is en deur die lugdiens kulula.com geborg word, word deur die Mail & Gaurdian se webtuiste uitgegee. Volgens die Mail & Guardian se redakteur, Nick Dawes, is ZA News se satiriese aard die beste manier om Suid-Afrika se kwessies aan te spreek. “Die beste grappe is grappe wat ernstig is,” vertel hy.

Zapiro self is baie opgewonde oor die program wat nou eindelik geloods word: “Hopelik gaan dit mense laat lag én dink. In Suid-Afrika vind daar meer in een week plaas as wat daar in ‘n hele jaar op ander plekke gebeur. ZA News is net so skandalig, irriterend en lagwekkend soos die nuus.”

  • http://juugclzlfxwq.com/ njbczivtsr

    vrswOK xluvamvptiem, [url=http://siygpfghixwb.com/]siygpfghixwb[/url], [link=http://tuhtzkzsluyj.com/]tuhtzkzsluyj[/link], http://cknptolgsiob.com/