Het jy gehoor?

Zara Phillips en Mike Tindall verwag eersteling

Buckingham-paleis het vanoggend aangekondig die volgende koninklike baba is op pad! Die koningin se kleindogter Zara Phillips (32) en haar rugbyspeler-man, Mike Tindall (34), verwag hul eersteling.

Zara Phillips die voorbladgesig

Die baba sal in 2014 gebore word. Zara se ma, prinses Anne en haar pa, kaptein Mark Phillips is volgens die persverklaring baie opgewonde oor hul derde kleinkind se aankoms.

Só gaan Kate en William se babakamer glo lyk

Dié paartjie is in Julie 2011 getroud, net ‘n paar maande ná William en Kate se troue.

Kate en William se baba se naam

Hello! berig dat Kate en William ‘n kortlys het vir hul baba se naam, maar sal nie die besluit neem voordat hy of sy gebore is nie.

Dit mag dalk ‘n tydjie duur voordat hulle die naam ná die geboorte bekend maak. William se ouers, prins Charles en Diana, prinses van Wallis, het ‘n week gewag voordat hulle William se naam bekend gemaak het. Prins Andrew en Sarah, die hertogin van York, het twee weke gewag voordat húl oudste se naam, Beatrice, bekend gemaak is, en koningin Elizabeth het ‘n volle maand gewag voordat sy bekend gemaak het dat hulle “Charles” vir hul eersteling gekies het.

William en Kate