FOTO: Instagram @niazkilam

FOTO: Instagram @niazkilam

Het jy gehoor?

Zayn Malik se eerse solo-liedjie ná One Direction

Aanhangers is skaars oor die skok dat hul geliefde groep een lid minder is, en Zayn Malik het alreeds sy eerse solo-liedjie ná One Direction bekend gestel, berig The Huffington Post

Skaars ’n week nadat Zayn dié suksesvolle popgroep verlaat het, het hy en die vervaardiger Naughty Boy verlede naweek aan sy eerste solo-liedjie gewerk. Dié liedjie, “I Won’t Mind”, is vanaf 6 April op die internet beskikbaar.

E! News berig dat Zayn via sosiale media verduidelik het waarom hy die groep verlaat het: “My lewe met One Direction was meer as wat ek ooit kon droom. Maar ná vyf jaar voel ek dat dit nou die regte tyd is om die groep te verlaat. Ek wil vir al die aanhangers om verskoning vra as ek hulle teleurstel, maar ek moet my hart volg. Ek groet, want ek wil ’n normale 22-jarige wees wat kan ontspan en my privaatheid geniet.”

One Direction

Hy noem die groep se vier oorblywende lede sy “vriende vir altyd”. “Ek weet hulle sal aanhou om die beste groep in die wêreld te wees,” het hy bygevoeg.

Niall Horan, Liam Payne, Harry Styles en Louis Tomlinson is hartseer oor Zayn wat die groep verlaat het, maar hulle is ook opgewonde oor One Direction se toekoms. Hul vyfde album word later vanjaar bekend gestel.

Luister hier na Zayn Malik se “I Won’t Mind”. Dié nuwe liedjie se rustige folk en akoestiese klanke is baie anders as One Direction se pop-musiek.

Bronne: The Huffington Post en E! News

Lees ook