FOTO: Instagram zendaya

FOTO: Instagram zendaya

Het jy gehoor?

Zendaya Coleman kap terug ná gedokterde foto’s

Sangeres en aktrise Zendaya Coleman was glad nie beïndruk toe gedokterde foto’s van haar gepubliseer is nie, berig Vogue

Die 19-jarige het vroeër in die week dié foto op haar Instagram-blad met haar 13,9 miljoen aanhangers gedeel.

A photo posted by Zendaya (@zendaya) on

Zendaya het onderaan die foto geskryf: “My nuwe fotosessie se foto’s het vandag verskyn en ek was nogal geskok toe ek sien dat my 19-jarige heupe en bolyf gemanipuleer is. Dié onrealistiese ideale van skoonheid maak vroue selfbewus. Enigiemand wat my ken, weet ek is ’n voorstaander vir eerlike en suiwer selfliefde …”

Boodskappe van ondersteuning het op sosiale media vir haar ingestroom: “Die oorspronklike foto is soveel beter,” het een aanhanger geskryf.

Volgens Independent het Modeliste Magazine​, die publikasie wat die foto’s geneem het, die gedokterde foto’s van hul webblad verwyder. 

Bronne: Vogue en Independent

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie