FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Het jy gehoor?

Zika-virus veroorsaak toe wel klein skedels

In 2015 is 3 500 babas met klein skedels en breine in Brasilië in Suid-Amerika gebore. En nou het gesondheidsbeamptes bevestig dat dié verskynsel inderdaad deur die Zika-virus veroorsaak word.

Volgens die The New York Times het die Centres for Disease Control and Prevention (CDC) Woensdag dié nuus bekend gemaak. Die virus word deur besmette muskiete versprei. Swanger vroue wat daarmee besmet word, het ’n risiko dat hul babas met mikrokefalie (’n klein skedel en brein) gebore word.

“Daar is geen twyfel dat die Zika-virus mikrokefalie en breinskade onder babas veroorsaak nie,” het dr. Thomas Frieden, voorsitter van die CDC, aan die New York Times gesê.

Sedert verlede week is meer as 700 mense, onder andere 69 swanger vroue, in die Verenigde State van Amerika besmet.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het 20 lande in die Amerikas al gevalle van die Zika-virus aangemeld. En die WGO verwag dat dit oor groot dele van Noord- en Suid-Amerika sal versprei, berig The Telegraph.

– Vir die volledige storie lees The New York Times.

Vinnige feite

1. Die Zika-virus kom veral in tropiese gebiede voor en is al in dele van die Amerikas, Afrika en Asië aangemeld.

2. Die virus word deur die Aedes-muskiet oorgedra.

3. Daar is nog geen teenmiddel of inenting beskikbaar nie.

4. Simptome: Moegheid, koors, spierpyn en ’n uitslag. Simptome duur so 2 tot 7 dae.

Bronne: VOX, WGO, The Telegraph

Lees nou