untitled
Het jy gehoor?

Zoid se Afrikaanse album hier + luister na enkelsnit

Karen Zoid het haar 5de album, Zoid Afrika, gisteraand 12 Maart in Kaapstad aan ‘n hand vol musiekvriende en lede van die media bekend gestel. Die album is op 1 April landwyd beskikbaar en word gevolg deur ‘n toer.

Op die album is daar ‘n spesiale dokumentêr van die storie agter die liedjies. Die twee bonussnitte is lewende opnames van Hallelujah, vir Cancer.vive, en Afrikaners is plesierig.

Luister na die mp3 van die eerste enkelsnit by www.karenzoid.co.za

Karen Zoid by die bekendstelling van Zoid Afrika in Kaapstad

By die bekendstelling van Zoid Afrika

Uitsig vanaf The Pepper Club se dakwoonstel

Gaste by die bekendstelling van Zoid Afrika


  • Annette

    Baie goed! – sy het dit!!