Het jy gehoor?

Zuraida Jardine het ‘n babaseun

Die gewilde aanbieder van SABC3 se Life’s a Journey, Zuraida Jardine, het Dinsdag op haar Facebook-blad geskryf dat sy nie kan wag om haar seun te ontmoet nie.

En gister het daar op haar Twitterblad gestaan: “Dankie vir al die wonderlike boodskappe. Ons seun, Shia Lindberg, is gebore en hy is gesond en lieflik. Ek en Joshua [Lindberg] is baie verlief!”

Dit is die paartjie se tweede baba. Hul dogter, Zaria, is byna twee en is in Amerika gebore terwyl hulle daar gewoon het.

Zuraida het onder meer al Big Brother en Top Billing aangebied, en het haar eie programme op radiostasies soos Good Hope FM en 5FM. Sy was ook die wenner van die eerste reeks van SA se Strictly Come Dancing.

Haar man, Joshua, doen vervaardiging vir TV, teater en multimedia.

 

  • ftcmfbiizup

    dyR1Yb bfwpvzvnvqrt, [url=http://gbpqkhsrgszc.com/]gbpqkhsrgszc[/url], [link=http://stqgcilovmaa.com/]stqgcilovmaa[/link], http://byltwgntlcoq.com/