SA aktrise oorrompel Cannes - en sy's net 13!

SARIE - Mei 2010

Khomotso Manyana (13) van Groblersdal het gister 'n uitgesoekte gehoor by die Cannes-filmfees op hul voete gehad vir 'n staande ovasie vir haar rol in Life, Above All, berig www.timeslive.co.za.

Khomotso speel die rol van Chanda, 'n tienermeisie van 'n klein dorpie buite Johannesburg. Ná haar babasussie by geboorte sterf en gerugte oor haar se HIV-status die dorpie vol lê, vlug haar ma en Chanda verlaat die skool.

Regisseur Oliver Schmitz sê hy was baie gespanne tydens die vertoning van die film. "Die gehoor hier is baie sinies, hulle stap sommer uit as iets nie snaaks is nie."

Toe die ligte aangaan, was die gehoor se oë vol trane.

"Ek's bly vir Khomotso. Ek's mal oor haar. Sy's nie jou tipiese, kyk-hier's-ek-aktrise nie. Sy's sereen en selfstandig. En vir so 'n jong meisie, wat nog te sê van iemand wat nog nooit voorheen toneel gespeel het nie, het sy presies verstaan wat ek van haar wou hê," het Schmitz gesê.

Lees meer by www.timeslive.co.za


Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction