Afri-Kaans op reis - Bobby, Nataniël en kie.
Dié Konsert van 2012! Dit moes kom! Ná die sukses van musiekregisseur Matthys Maree se Afri-Frans, Afri-Spaans en Afri-Talia was Afri-Kaans op reis die een waarvoor ons gewag het.
Ons is verheug dat ons rubriekskrywer Nataniël die reuse-konsert bymekaarsit waar ons die internasionale sterre Myra Maud van Frankryk, Marta Goméz van Spanje en Cristian Mangano= van Italië, Nataniël self, Bobby van Jaarsveld en SA se nuutste sukses-band, Adam, sáám op die verhoog sal sien. Maak julle reg vir dié konsert van 2012.
Daar sal 4 vertonings wees
15 April, Pretoria, Nasionale Botaniese Tuine
17 & 18 April, Bloemfontein, Sand du Plessis Teater
21 Apri, Paarl, Taalmonument Amfiteater
Kyk na die video van Nataniël, Bobby en Joe van Adam
Verwante artikels
-
Adam se 3 adonisse
SARIE April 2012
Nou die dag sou ons nog gesê het, Adam wie? Nou sê ons o ja, Adam! Fanie Cronjé het met die 3 manne van dié nie-boyband gesels
-
Bobby van Jaarsveld bly kalm tydens kaping. Hy vertel self.
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 20
Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld is Saterdagaand, op pad terug van 'n vertoning in Roodepoort, sowat halfelf die aand net ná die Gordon-afrit in Roodepoort aan die Wes-Rand, amper deur kapers oorval. Hy vertel sy storie.
-
Leonard Cohen se musiek nou ook in Afri-Kaans
SARIE April 2013 | Kommentaar: 6
As jy 'n Leonard Cohen-aanhanger is, sal jy hierdie beslis geniet!
-
Nataniël en Bobby verklap: Hierdie aanhanger was vreemd!
SARIE April 2012 | Kommentaar: 1
Nataniël en Bobby van Jaarsveld sáám op die verhoog – beslis iets om na uit te sien! Maar hoe voel hulle oor verhoogvrees, hul aanhangers en hul eerste CD's?













Kommentaar