Akteur Erik Holm en sy suster maak 'n avontuurprogram
"Daar is nie vir my grense nie, al is ek 'n kwadrupleeg!"
Ek voel die sterre is my grense. Wat is die ergste wat nog met my kan gebeur?" spot Erik Holm, wat die naweek saam met sy suster, Nike, aan 'n avontuurprogram, Quadventures, begin skiet.
Erik het drie jaar gelede sy nek in 'n duikongeluk gebreek, maar hy het niks van sy lewenslus verloor nie.
"Die idee is basies om 'n informatiewe en eksperimentele baanbreker-program te skiet wat wys dat 'n kwadrupleeg se lewe nie verby is nie," sê hy. Nike is die aanbieder en hy die avonturier/proefkonyn vir die program.
"Ons sal nou nie onverantwoordelike goed aanvang nie, maar ek word kop eerste in verskeie waaghalsige aktiwiteite ingeboender. Ons wil kyk wat is alles moontlik (en nie) vir 'n kwadrupleeg!"
Sedert hy Maandag op Facebook aangekondig het hy en Nike maak die program en hulle het al die hulp nodig wat hulle kan kry, is hulle oorval deur aanbiedinge.
Die Facebook-aankondiging het onder meer gelui:
"Omdat hierdie 'n unieke program en 'n eerste op soveel vlakke is, het ons unieke behoeftes: Enigiets! Blikkieskos, klere, corporate sponsorships, tax write-offs, petrol, wegneem-etes, absoluut enige hulp asook voorstelle en idees is welkom! As daar geen ander uitweg is nie, is sakke vol koue, harde geld ook baie welkom."
Erik en Nike is saam al 'n bekende gesig ná sy ongeluk, aangesien sy haar broer help versorg. Hulle is twee vrolike, lewenslustige mense. Erik noem homself "Mister E" en vir Nike "Suster Sista".
"Ons gaan die program vol pret en avontuur aanpak, maar mense beslis bewus maak van die beperkings en uitdagings van 'n kwadrupleeg."
Erik beplan onder meer om te skubaduik, valskermspring, 'n viertrekmotorfiets te ry, te brugswaai, perd te ry en selfs "om my eie broek aan te trek!".
Mense wat die span wil help of betrokke wil raak, kan 076 335 4262 bel of 'n epos stuur na calamitykid@gmail.com.
"Ons Quadvontuurlustiges gaan rock n roll!" sê Erik.
* Lees die raad wat Erik vir Mathys Roets gehad het ná sy motorfietsongeluk verlede jaar.
* Kyk na 'n vorige Kwêla-onderhoud met Erik ná sy ongeluk.
Verwante artikels
-
"My suster is (steeds) die witbroodjie"
SARIE Augustus 2010
-
60 sekondes met Binnelanders se Veronica
SARIE - Junie 2009
-
60 sekondes met Jurie van Zyl, nou in Binnelanders
-
Erik Holm (Binneland se Rian) oor die inspirerende vrou in sy lewe
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Sy het sy voete en arms geword en hy het haar lewe ’n anker gegee. Dis hoe Binneland Sub Judice se Erik Holm en sy suster Nike hul besondere verhouding beskryf vandat hy ’n kwadrupleeg geword het
-
Erik Holm oor sy grootste inspirasie, sy suster, Nike
SARIE - Oktober 2010
-
Kitte van Binnelanders (Jürgen Hellberg) oor sy toekoms, snaaksste oomblik en gunstelinge
SARIE - November 2009
-
Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls
Die gewilde aktrise Lindie Stander het stil-stil verloof geraak aan die vrou wat “binne vyf minute my voete onder my uitgeslaan het”. Hier deel sy haar lewensreëls.
-
Waar's Malan Koster ("Binnelanders") heen?
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 11
Malan Koster (Paul du Toit), die afgelope 4 jaar in Binnelanders op M-Net en kykNET, het verdwyn onder 'n wolk van geheimsinnigheid. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor nuwe planne in sy lewe en wat hy in dié sepie geleer het.
















Kommentaar