Akteurs van nuwe Afrikaanse fliek, Roepman, gesels met sarie.com
Foto’s: Phyllis Green Galery
Phyllis Green gesels met die akteurs van Roepman, 'n nuwe Afrikaanse fliek, met Paul Eilers as regisseur.
Roepman, die film gegrond op Jan van Tonder se gelyknamige boek word tans in Springs, Pretoria en Durban verfilm.
Die produksie gaan sowat ses weke duur en dan begin die lang maande van post-produksie om die film gereed te kry vir vrystelling. Dit is beslis 'n film waarna kykers kan uitsien.
Daar speel 'n klomp lekker jong akteurs in Roepman. Tydens my besoek aan die stel het ek so tussen die skietery met 'n paar van die akteurs oor hulle rolle gesels.
Ek het John-Henry Opperman (lid van die musiekgroep Klopjag) gevra hoe hy betrokke geraak het by Roepman.
Vyf jaar gelede was ons (Klopjag) op toer en was op pad terug vanuit die Oos-Kaap (Cradock). Ek het die boek agterop 'n bakkie gesit en lees, terwyl ek en die tromspeler die elemente moes trotseer. Toe ons ure daarna by vuil Gauteng in ry - Grasmere, was ek klaar gelees en was ek só meegevoer met die boek dat ek net daar en dan vir Jan van Tonder (vir wie ek nie geken het nie) 'n brief geskryf het om te sê dankie vir
Agter die skerms-foto's
Klik vir al die aksie agter die Roepman-skerms.
so 'n mooi boek.
Ek was onbewus daarvan dat gemeenskaplike vriende van my en Jan, reeds besig was om te gesels oor die filmregte. By die daaropvolgende KKNK het ek terloops vir Van Tonder en die De Jagers raakgeloop met my eie kopie van Roepman in my rugsak en hy het dit vir my geteken. My bek het oopgeval toe ek besef dit is DIE Jan.
Later het ons bevriend geword en hy het van ons optredes bygewoon.
Van Tonder het die vervaardigers gevra om my 'n kans te gee as Joon (Die Roepman), omdat ek hom herinner het aan die regte Joon . . . Divine timing !
Paul Loots (12) as Timus
Die rol van Timus is Paul Loots van Valhalla, Pretoria se debuut as akteur. Ek het met die twaalfjarige gesels oor hoe hy die rol gekry het.
"'n Vriendin van my ma gee drama klasse en het ons vertel van die oudisies. Ek moes baie woorde daarvoor leer en moes die toneel act. Ek het na ses weke gehoor ek het die rol van Timus gekry."
Is dit 'n lekker rol?
Ja, dis lekker. Hy wil soos die ander mense wees en hy loer almal die hele tyd af. Hy weet alles wat gebeur. Dis my heel eerste filmrol. Ek wil eendag net deeltyds 'n akteur wees, ek wil eintlik 'n argitek word.
Het jy 'n gunsteling akteur op die stel?
Braam is my gunsteling. Hy sal my altyd help en sê ek moet iets anders doen sodat dit beter is. Ons is maats.
Waar kom jy vandaan?
Ek is in Laerskool Valhalla in Pretoria. My juffrou kom saam stel toe om te sorg dat ek nie agter raak met my skoolwerk nie.
Paul Luckhoff speel die rol van Harry Gouws, 'n treindrywer. Beskryf vir Harry:
"Hy is maar 'n tipiese treindrywer van daardie tyd. Drink so bietjie te veel by tye, maar is eintlik 'n doodgoeie mens, al vry hy so bietjie oor die kleurgrens. Natuurlik maak dit moleste met sy vrou, maar wat dit is maar hoe Harry is. Verder steur hy hom net aan sy duiwe."
Andrew Thompson speel die rol van Hein. Beskryf die rol van Hein:
Hein is die baddie. Dis uitdagend om die baddie te speel , want dit gaan oor 'n sensitiewe onderwerp. Hy kan bar voorkom, maar ek wil nie die groteskheid van die baddie weergee nie. Hein se aksies is bad, maar sy persoon hoef nie die aksies te mimiek nie. Elke persoon het goed en sleg. Ek maak die kraan van goed oop, maar laat druppels uitval vir die slegte karakter. Elke beweging van Hein is controlled, selfs sy mannerismes. Hy weet altyd wat sy volgende stap gaan wees.
TV of film?
Ek hou daarvan om my opsies oop te hou. Die twee mediums tap in verskillende dele van akteurs se psige. Film is fantasties. Dennis Hopper het mos gesê:"Magic is in the moments" en dis nogal wat film vir my is. Ek is meer gewoond aan comic relief rolle. Vir teater doen ek gewoonlik swaarder karakters.
Ivan Botha speel Salmon.
Hoe is jou rol?
Hy is 'n ondersteunende karakter en is Erika se boyfriend. (Erika is Timus se sussie en die rol word vertolk deur Desire Manthey). Sy karakter verduidelik eintlik tot 'n mate die pa, Abram Rademan se karakter. Almal ervaar hom as trou-materiaal, behalwe die pa. Salmon het 'n goeie hart en het nie kwaad in hom nie.
TV of film?
Film is lekkerder. Die totale proses is meer organies.
Verwante artikels
-
Deon Lotz se wegholsukses-jaar
SARIE Julie 2011
Vir die akteur Deon Lotz was 2011 ’n besige jaar. ’n Jaar vol opwinding, hoogtepunte, optredes en flieks.
-
Fliek oor Saartjie Baartman by gesogte filmfees
SARIE September 2010
Vénus Noire, 'n Franse film oor Saartjie Baartman se lewe, is op die lys van gevierde films by 2010 se Venice Film Festival in Venesië, Italië.
-
Platteland: Steve en Lianie verklap wat agter die skerms gebeur
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 28
Dinge op die stel van Platteland is heeltemal omgekeer. Hanna en Steve is 'n paartjie, Bok en Lianie wat gewoonlik sing, is hoofakteurs en SARIE se styl-en sosiale redakteur is 'n koerantfotograaf...
-
Sanger van bekende Afrikaanse musiekgroep bring musiekteaterstuk op planke
SARIE - Desember 2010
John-Henry Opperman, wat al vir agt jaar saam met die Afrikaanse groep Klopjag optree, werk tans aan Rock 'n Roll en Rolbal, 'n verhoogstuk wat in 2011 by die KKNK debuteer.


















Kommentaar
Gina Stassen het gesê:
Ek het die fliek Saterdag gaan kyk. Baie goeie akteurs. Goeie storie 'n Moet om te gaan kyk
30ste Mei. 2011, 14:50Anita Bothma het gesê:
Almal in Bronkhorstspruit is baie opgewonde oor die fliek Roepman, ons kan nie wag om dit te sien nie, plattelandse dorpies ook darem nou op die map. Ek dink dit is fantasties vir Bhspruit !!!! Baie geluk!!!!
16de Mei. 2011, 15:01Anita Bothma het gesê:
Almal in Bronkhorstspruit is baie opgewonde oor die fliek Roepman, ons kan nie wag om dit te sien nie, plattelandse dorpies ook darem nou op die map. Ek dink dit is fantasties vir Bhspruit !!!! Baie geluk!!!!
16de Mei. 2011, 15:01mariaan het gesê:
Die detail oor Paul Loots en sy skool is foutief. Jul weet seker al. Ons sien baie uit na die film !!
17de Jan. 2011, 12:58