Amerikaanse sanger en sy Namibiese liefde
Foto’s: Gallo Images/Getty Images Galery
Sedert Junie vanjaar koer Maroon 5-hoofsanger, Adam Levine, en sy Namibiese model-meisie, Behati Prinsloo, vir mekaar, maar hulle het onlangs vir die eerste keer as 'n paartjie by 'n funksie saam opgedaag. Só berig Usmagazine.co.za
Adam en Behati, 'n Victoria's Secret-model, is op 24 Oktober saam na die GQ Gentlemen's Bal in New York. Levine (33) en sy eks-meisie, die blonde supermodel, Anne Vyalitsyna, is in April uitmekaar.
Volgens 'n ooggetuie was hulle danig met mekaar gedurende die aand en was hy regte gentleman.
'n Bron het vroeër aan Us Magazine vertel dat Vyalitsyna deur middel van 'n persverklaring haar verhouding met Levine beïndig het, en dat dit hom ná 'n verhouding van 2 jaar onkant gevang het.
"Hy het pret saam met Prinsloo," vertel 'n vriend van Levine. "Hy't gesê hy sal nooit weer met 'n model uitgaan nie, maar hy's 'n rocker, en dit is in sy bloed!" vertel die vriend.
Verwante artikels
-
Celeb-verhoudings in 2012 op die rotse
SARIE Desember 2012 | Kommentaar: 2
'n Verhouding of 'n huwelik in Hollywood hou weinig, meen die kenners. En 2012 was g'n uitsondering nie.
-
Namibiese model maak internasionale televisiereeks nóg warmer
SARIE Januarie 2013
Die Namibiese model Behati Prinsloo maak haar toneelspel-debuut in Hawaii Five-0.
-
SA modelle verower Hollywood-manne se harte
SARIE Julie 2012 | Kommentaar: 1
Suid-Afrikaanse meisies is bekend vir hul skoonheid. Modelle Dominique Piek en Behati Prinsloo is nou aan die sy van dié bekendes in Hollywood.













Kommentaar
Rosemary Havenga het gesê:
Dit is nie 'n groot verrassing nie, Suid Afrikaanse meisies is die mooiste in die wereld. Ek kan daarvan getuig, ek woon al 14 jaar in Kanada en kan eerlik se, ons land staan aan die bo-punt van mooi meisies.
3de Nov. 2012, 02:29louis het gesê:
Wat bse jy nou
2de Nov. 2012, 14:35