Amptelike Pretville-lokprent uit! Met Steve, Emo, Lizz en kie.
Pretville begin op 23 November landwyd in teaters draai, en hier's 'n voorsmakie ... Met Steve Hofmeyr, Carike Keuzenkamp, Emo Adams, Margit Meyer-Rödenbeck en Pieter Koen.
Pretville is ‘n klein dorpie in die laat 1950’s en die dorpie lê in die harte van alle Suid-Afrikaners. Hier is alles moontlik. Dis ‘n helder, kleurryke, swierige dorp soos wat jy nog nie gesien het nie, met ‘n asembenemende stel en kostuums, en ou motors wat die verbeelding aangryp. Pretville doen sy naam gestand en daar is altyd "pret" in Pretville - of is daar?

Die internasionaal bekende komponis en liedjieskrywer Machiel Roets, wat die afgelope 12 jaar in Londen musiekregisseur was vir baie pantomimes en musiekblyspele op die verhoog, het na Suid-Afrika teruggekeer om meer as 20 nuwe liedjies vir Pretville te komponeer. Hierdie liedjies is tipies van die jare vyftig.
Die klankbaan sal deur Coleske Artists uitgereik word.

Klik op die Pretville-Facebookblad vir meer, of besoek www.pretville.co.za
Kyk net die rolverderling!
Marlee van der Merwe (Serah Somers)
Eugene Jensen (Dawid de Wit), nuweling
Annette Engelbrecht (Ouma Sarie)
Emo Adams (Jakkie)
Jakkie Louw (Bennie)
Kevin Leo (Buks)
Lizz Meiring (Lollie le Roux)
Margit Meyer-Rödenbeck (Jakomien)
Nadia Beukes (Minnie)
Pieter Koen (Dr. Sylvester)
Reynardt Hugo (Jaap)
Rina Nienaber (Roeda Regyt)
Steve Hofmeyr (Eddie Elektriek)
Terence Bridgett (Pierre Lukuveer)
Willem Botha (Hennie Hakkel)
Carike Keuzenkamp (Gerda Geeverniet)
Verwante artikels
-
Nuwe Pretville-musiekvideo: Ek en jy
SARIE September 2012
Pretville begin op 23 November landwyd in teaters draai, en solank 'n musiekvideo van een van die treffers, Ek en jy. Bekendes soos Steve Hofmeyr, Carike Keuzenkamp, Emo Adams, Margit Meyer-Rödenbeck en Pieter Koen is almal te sien in Pretville
-
Pretville se 'dorpie' binnekort oop vir publiek
SARIE November 2012 | Kommentaar: 5
Die fliek Pretville se grootste ster is Pretville self, ’n dorpie wat spesiaal by Hartbeespoort gebou is. En jy sal dié dorp eersdaags kan besoek!
-
Pretville: Die grootste musiekfliek in Afrikaans nóg
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 16
Die musiek vir Pretville word tans opgeneem, Steve, Willem Botha en Marlee van der Merwe (van Liefling-faam) is reeds ogeneem, kry hier 'n voorsmakie van haar opname.
-
Steve verjaar!
SARIE Augustus 2012 | Kommentaar: 1
Sanger Steve Hofmeyr vier vandag sy 48ste verjaardag. Michael Jackson en Sir Richard Attenborough deel 'n verjaardag met hom. Hy en Janine is onlangs Amerika toe vir 'n Neil Diamond-konsert in Los Angeles. Hier's enkele hoogtepunte wat hy op sy Facebook-blad gedeel het
















Kommentaar
Amelia Klaasen het gesê:
As hierdie mense 2 jaar hieraan gewerk het , Kan dit net Baie goed wees....... Ek sal sorg dat my hele gesin dit gaan kyk!! As hulle nie ondersteuning kry nie gaan hulle mos nie weer vir ons sulke Films maak nie!!!
8ste Sep. 2012, 06:46willem het gesê:
ek voel oor steve hofmeyr soos oor tiger woods. albei se rondslapery en kafoefelry oorheers hul loopbane en het gemaak dat mens hulle nie meer kan vertrou of enigsins ernstig opneem nie. willem
2de Sep. 2012, 18:44Nelia het gesê:
Oooh!! Dit klink heerlik! Kan nie wag om dit te sien nie!!
28ste Aug. 2012, 18:07Anita Jackson het gesê:
Dit lyk baie oulik, kan nie wag om dit te sien nie, Steve en Carike is my gunstelinge!
28ste Aug. 2012, 12:29Petro het gesê:
Dit lyk of dit regtig die moeite werd gaan wees om te kyk
28ste Aug. 2012, 10:57Amanda het gesê:
Ek dink ons het baie sangtalent in SA, en ek is seker almal betrokke het die vervaardiging van hierdie musikale stuk werk baie geniet. Mense sal nuuskierig wees om dit te gaan sien. Nie seker hoe dit sal vaar nie.
28ste Aug. 2012, 08:57gerda het gesê:
Dit lyk great, if Marlee van der Merwe nie pragtig nie!!!
27ste Aug. 2012, 13:24