Anrich Herbst trou

SARIE - September 2009

Anrich Herbst trou Foto’s: Shaun Strydom Galery

Die trouklokke lui weer vir die akteur Anrich Herbst. Hy trou Saterdag (5 September 2009) met Mia van der Merwe (33), 'n finansiële bestuurder in die hotelbedryf. Hy het met Marguerite van Wyk gesels.

Waar het julle mekaar ontmoet?
Ek ken haar al meer as twee jaar, want sy was 'n vriend van my se meisie. So tien maande gelede was ons toevallig op dieselfde dag in 'n klub en het ons gedans. Ek het haar telefoonnommer gememoriseer. Toe was sy darem nié meer my vriend se meisie nie.

Wat het jou na haar aangetrek?
Snaakse goed trek jou mos na iemand toe aan. Maar Mia is baie mooi. Sy het lang swart hare en het 'n baie mooi lyfie en 'n baie mooi vel. Sy kyk mooi na haarself. En sy het sulke ondeunde ogies, maar dit kan ook baie sag wees.

Waar het jy haar gevra om verloof te word?
Ek het op my knieë gegaan terwyl sy in die slaapkamer gesit het en vir haar die ring gegee. Dis 'n 0.7 karaat diamant in platinum geset en ek het dit self gekies. Sy is mal daaroor. Dit was amazing.

Wat is die belangrikste ding om 'n huwelik te laat werk? Jy was mos al getroud?
Hulle sê jy moet nie vir Liz Taylor vra oor huwelike nie  ... Ek dink respek is belangrik en jy moet aan die ander een dink. Dis nogal fassinerend om te weet hoe die ander een se kop werk. Jy moet oopkop wees en iemand nét so liefhê soos vir jouself. Ek aanvaar myself. Dis nie altyd maklik nie en ek is nie so naiëf om te dink dit gaan maklik wees nie, maar dis waarna ek mik. Ek glo mens moet luister na die ander een.

Waar gaan julle trou?
Iewers in Magaliesburg. Ons is juis nou op pad om ons hondjies te gaan aflaai by die kennels, want ons vertrek al môre na die plek om môreaand te gaan braaivleis hou saam met ons familie en nabye vriende. Ek sien baie uit na Saterdag. 'n Mens sit so baie energie in die reël van 'n troue. Die troue is in die laatmiddag en dit gaan fabulous wees. Ek sien só daarna uit om in my pak klere te wees en haar te sien afstap na my toe. Ons gaan dit net geniet.

Waarheen gaan julle vir die wittebrood?
Mauritius toe vir 'n week.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Waar is die troufotos?

    20ste Jan. 2010, 08:04
  • Geluk Anrich en Mia. Anrich onthou jy nog die oom in Lanzerote om die hoek met die VW Jetta? Wel ou maat, julle is nou familie! Mia is Alta se kleinniggie. Jou skoonma Jossie is haar niggie. Nooit gedink dit kan gebeur nie! Nogmaals geluk, Theo en Alta Potgieter

    5de Nov. 2009, 16:39
  • Wonder waar is my maat nou in die lewe. Mag jy net gelikkig wees. Jesus Leef. Ken Hom in al jou wee!

    2de Nov. 2009, 00:08
  • Is jy nie net jaloers nie? Ek dink hy lyk stunning. Hy kan tog nie altyd soos Wimpie lyk nie... Gun hom bietjie geluk, toe man!

    9de Sep. 2009, 17:26
  • Is ek die enigste een wat Anrich se antwoorde as oppervlakkig beskou? Trou hy dalk met iemand wat hy hoop hom nog jonk en "hip" sal laat lyk so langs sy sy?

    8ste Sep. 2009, 21:10
  • Hoop julle gaan BAIE gelukkig wees. Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie.

    8ste Sep. 2009, 16:04
  • Ok omtrent tyd. Sjoe maar hy word nou erg oud!!

    7de Sep. 2009, 15:30
  • Baie geluk Anrich, van die "stout" tienerseun in Orkney Snork nie tot Plek van die Vleisvreters! Jy is pragtig en baie geluk en voorspoed vir die toekoms!

    7de Sep. 2009, 13:23
  • Geluk en mag julle twee ware liefde, vrede en geluk ondervind en die huwelik sal slaag soos God dit wil he.Al was daar al `n flop in die verlede alles vergaan , maar liefde bly staan.Juig beendere juig, verlore rib het ingeglip! Anrich ken vir Jesus en Jesus vir Anrich en Hy weet dat niemand volmaak is nie, maar sterkte tot die dood julle skei. Die Brein (http://die-werf.co.za)

    6de Sep. 2009, 11:45
  • Beste wense aan julle twee vir 'n pragtige toekoms saam!

    5de Sep. 2009, 08:04

Web Development by FormFunction