Arno Carstens neem liedjie saam met Robert Pattinson se suster op
Arno trek aandag oorsee!
Arno Carstens toer tans in SA om sy nuwe CD Wonderful Wild bekend te stel.
Arno se omswerwinge in Spanje en die VK (hy woon die afgelope tyd in Londen) was 'n kreatiewe reis saam met Giles Martin, James Walsh, Jim Duguid en Youth. Laasgenoemde is 'n legendariese Britse vervaardiger saam met wie Arno tyd in Spanje deurgebring het om liedjies vir die Wonderful Wild-album te skryf.
Carstens het so baie liedjies saam met Jim Duguid geskryf en opgeneem dat daar byna genoeg vir 'n aparte album was. Hy het toe met 'n paar van die opwindendste vrouestemme in Londen saamgewerk om van die liedjies op te neem. En een daarvan was saam met Robert Pattinson (van Twilight) se suster, Lizzy Pattinson.
Arno het selfs Jay-Z, musieklegende en Beyoncé se man, se aandag getrek. Hulle tree albei vanaf 11 tot 13 Junie by die Isle of Wight-fees op en Jay-Z het Arno as sy 'moet-sien'-optrede van die fees gelys.
Hy is gisteraand (11 Mei) met 'n vol saal in Kaapstad begroet. Onder die bekendes wat dit bygewoon het, was Nico en Christi Panagio, Schalk Burger, Bryan Habana en sy vrou, Janine, en Michelle McLean.
Sy band vir die SA-toer is Kevin Leicher (kitaar), Warren Leicher (baskitaar), Arnaud van Vliet (kitaar), Jerome Reynard (tromme) and Brendan Jury (klawerbord en viool).
Kyk die kortfilm oor Arno se reis na Wonderful Wild
Verwante artikels
-
Arno Carstens wys sy foto's
SARIE Augustus 2010
Arno Carstens is besig om die tawwe Britse musiekmark te verower. Hy skuur skouers met sterre soos Jay-Z, Celine Dion, RonanKeating en Robert Pattinson se suster, en daar’s ’n nuwe CD oppad waaroor dié sexy blonde rocker baie opgewonde is.
-
Arno Carstens: Sy gunstelinge
SARIE Julie 2010
Hy verklap ook dít wat jy nie van hom geweet het nie...
-
Arno Carstens: Sy nuwe lewe in Brittanje
SARIE Augustus 2010
Arno Carstens is besig om die tawwe Britse musiekmark te verower. Hy skuur skouers met sterre soos Jay-Z, Celine Dion, Ronan Keating en Robert Pattinson sesuster, en daar’s ’n nuwe CD oppad waaroor dié sexy blonde rocker baie opgewonde is.
-
Bekende akteur sê nee vir groot advertensie-veldtog!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Robert Pattinson het 'n kans om in 'n Burberry-advertensieveldtog te wees van die hand gewys.
-
Mathys Roets se CD saam met SARIE
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die CD bestaan uit Afrikaanse én Engelse liedjies. Mathys het reeds verlede jaar sy verhoogoptredes aangepas en dit na Droomvrouens herdoop.

























Kommentaar
Thelna Esterhuizen het gesê:
Arno. Jy is awesome! Handsome en fantastiese artist. Love jou stem, kreatiwiteit, andersgeit! Wow, hoe is dai Spain studio!? Kan net creative wees daar. Kom bietjie Midde Ooste toe! Jy rock!!!!!!!
13de Mei. 2010, 11:57