NUWE FOTO'S: Bertha (Emma van 7de Laan) se babaklere-reeks

SARIE - Mei 2010

Bertha le Roux (7de Laan se Emma) het 'n nuwe baba- en kleuter-klerereeks op die mark. Die idee vir BabyB het in 2003 begin toe haar ma, Griet, en haar suster, Corrie, 'n projek in Zambië begin het. Hulle het vroue leer naaldwerk doen, om hul eie klere te maak en dit dan te verkoop.

Bertha is deur die sukses van die projek en haar eie kleinding, Kiana, geïnspireer om die vroue 'n kans te gee om vir hulself te werk. En vir dié wat nie geweet het nie: Bertha is swanger met haar tweede kleinding. En BabyB is goed op dreef.

Die reeks het 'n eg Suid-Afrikaanse invloed en word van Afrika-materiaal met ryk kleure en teksture gemaak.

"Ek het in 'n huis grootgeword waar ek geleer is om ander mense te help. Die fokus van hierdie projek is dat elke vrou wat ons oplei 'n ander een moet oplei," sê Bertha.

Bestel jou BabyB-klere hier!

   BabyB

BabyB

BabyB
   

BabyB

Verwante artikels

Galery

  • BabyB
  • Bertha le Roux
  • BabyB baba- en kleuter-klerereeks
  • img_0891.jpg
  • BabyB
  • BabyB
  • BabyB
  • BabyB

Kommentaar

  • Te pragtig waar kan 'n mens dit koop!

    6de Mei. 2010, 20:14