Bok en Carike sing saam 'n nuwe liedjie

SARIE September 2010

Bok van Blerk het op sy Facebook laat weet dat hy en Carike Keuzenkamp 'n liedjie saam opneem.

Die naam van die liedjie is "Wie kan dit verstaan?". Dit is vir Carike se nuwe album waarmee sy tans besig is. Haar seun, Werner, is ook onlangs getroud - kyk die trou-album.

Bok is self besig met sy nuwe album en het glo gisteraand die eerste liedjie op sy nuwe album gaan opneem. BMX en Bende gaan een van die nuwe treffers op sy album, My Kreet, wees.

Nou ja, 2 nuwe Afrikaanse CD's waarna jy kan uitsien.

Carike en Bok in die ateljee

Galery

  • Bok van Blerk
  • Carike Keuzenkamp
  • Carike en Bok in die ateljee

Kommentaar

  • Kan nie wag vir die nuwe cd!

    7de Sep. 2010, 11:42
  • Glo dit gaan 'n sukses wees , los net die "balle" by die huis, sy is 'n dame onthou en 'n gerespekteerde een daarby....

    2de Sep. 2010, 16:12

Web Development by FormFunction