Brad Pitt vervaardig Eat, Pray, Love. En wil die Wêreldbeker Amerika toe bring!
Het jy geweet? Brad Pitt is nou amptelik deel van Amerika se bodkomitee om die sokker-wêreldbeker in 2018 of 2022 na Amerika te bring.
Oud-president Bill Clinton, regisseur Spike Lee en Kalifornië-goewerneur, Arnold Schwarzenegger, dien ook in die komitee.
"Sokker is werklik 'n globale sport en die geleentheid om deel te wees van die pogings om Amerika as gasheer van die grootste sportgebeurtenis in die wêreld gekies te kry is 'n groot eer," sê Pitt. Vir die 2018-wêreldbeker bie Amerika teen Australië, Engeland (David Beckham steun sy land in hierdie poging), Rusland en 'n gesamentlike bod tussen België en Nederland, en Spanje en Portugal. Amerika was in 1994 die gasheerland. Die groot besluit word in Desember geneem.
Nog Brad-nuus is dat hy die mede-vervaardiger is van een van die grootste flieks van die jaar: Eat, Pray, Love met Julia Roberts en Javier Bardem. Die fliek is dwarsoor die wêreld geskiet - van New York, Italië, Indië, Bali - en is gegrond op die gelyknamige topverkoper deur die skrywer Elizabeth Gilbert.
Brad het sy vervaardigingsmaatskappy, Plan B Entertainment, destyds saam met sy eksvrou, die aktrise Jennifer Aniston, gestig. Ná hul paaie geskei het, het hy die alleen-eienaar geword en het sedertdien al verskeie films vervaardig waaronder Troy, Charlie and the Chocolate Factory, The Departed, Running with Scissors, The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford. Volgens die webtuiste IMDB, het Brad se maatskappy tans 27 projekte wat in verskillende stadiums van ontwikkeling is.
'n Besige man voorwaar! En dit ten spyte van 'n groot, woelige gesin.
* Kyk die Eat, Pray, Love-voorprent hier.
Verwante artikels
-
Brad Pitt wil John Lennon wees
SARIE - Januarie 2011
Brad Pitt onderhandel tans om die rol van John Lennon in ’n biografiese fliek oor dié oorlede Beatle te vertolk.
-
Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
SARIE Julie 2010
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
-
Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme
SARIE Januarie 2010
Die skoonheidsreus Lancôme het pas aangekondig dat aktrise Julia Roberts hul nuwe internasionale ambassadeur vir 2010 is. Want as dit kom by mooi, wat meer wil jy hê as die oorspronklike Pretty Woman.
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Julia Roberts se hare en lippe
SARIE - Mei 2010
Jy hoef nie 'n Hollywood-ster te wees om Oscar-mooi te lyk nie!
-
Ons kies vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle. Wat dink jy?
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 7
Ons het besluit om vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle en -kleure te kies met die nuwe SARIE mooimaakprogram.
-
The Wizard of Oz het in 2010 71 jaar oud geword
SARIE Augustus 2010
Interessante feite van The Wizard of Oz wat jy dalk nie geweet het nie.




















Kommentaar