Bryan Adams en sy vele meisies
Ons het hom leer ken deur sy musiek, maar Bryan Adams is ook 'n fotograaf. 'n Bekroonde een.
Hy het al van die beroemdstes in die vermaaklikheidsbedryf afgeneem. Die bekende model Elle MacPherson (vir Harpers Bazaar, Januarie 2008), Mick Jagger (vir Zoo se Februarie 2008 uitgawe) en van sy meer onlangse "modelle" sluit Jared Leto (van die rock-groep, 30 Seconds to Mars) en Tilda Swinton, bekroonde aktrise en een van ons dekade se beroemdste modelle, in. Sy is veral bekend vir haar Pringle-advertensieveldtog en haar "anderste" soort skoonheid. 2 SA celebs was ook al op Adams se lens vasgevang - Die Antwoord se Yo-Landi Vi$$er en "Ninja". (Daardie zef-groep waaroor almal gons.)
In 2005 het Bryan Adams en Calvin Klein 'n suksesvolle boek, American Women, gepubliseer, bestaande uit 'n versameling swart-en-wit foto's.
Hierdie jaar het Adams en Calvin Klein weer saamgespan en Adams het foto's van Julianne Moore, Renee Zellweger, Ginnifer Goodwin, Kerry Washington, Lucy Liu, Dree Hemingway (kleinkind van die bekende skrywer Ernest Hemmingway), Tonne Goodman, Cynthia Nixon, (Sex and the City), Hilary Rhoda, Desiree Rogers, Katie Lee, Mamie Gummer, (dogter van Meryl Streep) Brooklyn Decker, Iris Apfel (89-jarige Amerikaanse besigheidsvrou, voormalige binneshuis-ontwerper, en New York mode-ikoon), Kelly Klein, Mila Kunis, Marilyn Minter, en Jerry Hall (beroemde model) geneem. (Bron: www.vogue.com)
Kyk na die treffende foto's hieronder
Bryan Adams en Calvin Klein-versameling
![]() |
![]() |
| Julianne Moore |
Iris Apfel, 89 jarige sakevrou, voormalige binneshuise-ontwerer en mode-ikoon |
![]() |
![]() |
| Cynthia Nixon van Sex in the city Aktrise |
Lucy Lui |
![]() |
![]() |
| Renee Zellweger | Model en agter kleinkind van die bekende Ernest Hemmingway, Dree Hemmingway |
![]() |
![]() |
| Legendariese model, Jerry Hall | Model en aktrise, Mamie Gummer, dogter van Meryl Streep |
Die foto's is nou te koop. Die winste gaan aan Vigs-bekamping. Vir meer inligting om 'n foto te bestel, e-pos: calvinkleinpublicrelations@ck.com.
Verwante artikels
-
Bryan Adams die fotograaf?
SARIE - Mei 2010
Geweet? Die sanger Bryan Adams is ook 'n bekroonde fotograaf.


































Kommentaar