By Ruben Kruger se begrafnis
SARIE se Fanie Cronjé was 3 Februarie 2010 by Ruben Kruger se begrafnisdiens. Hy vertel:
Leerlinge van Grey-Kollege in Bloemfontein, asook oud-leerlinge wêreldwyd het ‘n minuut stilte vir die oud-Springbok-rugbyspeler Ruben Kruger gehou. Die begrafnisdiens het dieselfde tyd uit die Christian Revival Church (CRC) in Pretoria begin.
’n Emosionele, maar sterk Lize Kruger, sy vrou, het Ruben in haar huldeblyk bedank vir die uitsonderlike eggenoot en pa wat hy vir haar en hul twee dogtertjies, Zoe (7) en Isabella (4), was.
“Dankie dat jy nooit iets leliks van of vir my gesê het nie,” het sy in trane gesê.
Die diens is deur pastoor At Boshoff, self ʼn voormalige leerling van Grey-Kollege, gelei. Ewald Coleske, een van die Coleske-broers, het een van Ruben se gunsteling-liedjies, “Amazing Grace”, gesing.
Bekendes in rugby, onder wie Victor Matfield, Pierre Spies, die Springbok-afrigter Peter de Villiers en die Blou Bulle se Heyneke Meyer, het die diens bygewoon. Van Ruben se spanmaats wat saam met hom die Wêreldbeker in 1995 gewen het, soos Joel Stransky en André Joubert,was ook daar.
Ruben is op 39 aan breinkanker oorlede.
Verwante artikels
-
Eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek: Deel 2
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 13
Die tweede deel van die uittreksel uit die opspraakwekkende boek, Joost - Spiëelbeeld, oor die aand wat Joost ineengestort en in die waakeenheid beland het.
-
Hoe't jy gevoel toe...? (Lize, Ruben Kruger se vrou)
SARIE - April 2009
... jou man wéér met 'n breingewas gediagnoseer word?
-
Rugbylegende Ruben Kruger sterf
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Nuus24 berig dat die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) sy jarelange stryd teen kanker verloor het.
-
Willie Esterhuizen verloor sy vrou aan kanker
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Akteur en regisseur Willie Esterhuizen (ook bekend as Vetkoekpaleis se Worsie) se vrou, Glen, is eergisteroggend aan kanker oorlede.
















Kommentaar
Christa Viljoen het gesê:
ONS GEBEDE IS MET SY VROU EN FAMILIE! ONS SAL JOU MIS.
10de Feb. 2010, 15:12