Charl du Plessis kry gróót toekenning
Die SA pianis Charl du Plessis (ook Nataniël se begeleier) is pas as die Steinway Artist aangewys, die vyfde maar ook die jongste Suid-Afrikaner in die geskiedenis.
Om as die Steinway Artist aangewys te word is 'n groot eer, en jou naam word dan ook in dieselfde asem as pianiste soos Abdullah Ibrahim, Sergei Rachmaninoff, George Gershwin, Vladimir Horowitz, Martha Argerich, en Alfred Brendel s'n genoem! Meer as 1 300 pianiste wêreldwyd het al hierdie eer gekry.
Charl du Plessis is tans die enigste kunstenaar wat ernstige musiek-optredes in verskeie genres doen: klassiek, pop, rock en jazz. Gehore van regoor Afrika, Europa en die Ooste het dié pianis al in aksie gesien, en dis duidelik dat sy virtuose spel enigiets van Bach tot Billie Joel insluit. Hierdie Doktor van musiek tree mer as 100 keer per jaar op en het reeds 2 albums en 1 DVD bekendgestel sedert 1999, toe hy begin optree het.
Hy't met 'n Steinway by die huis grootgeword en die klavier is al vir 4 generasies in hul familie.
Verwante artikels
-
Heling deur musiek ná my kind se ontvoering
SARIE - November 2009
Dertien jaar gelede het die violis Adri Naudé-Scholtz haar pasgebore seun* opgegee vir aanneming. ’n Dramatiese tyd het gevolg. Nóú het haar grootste droom waar geword – sy speel vir hom viool op haar eerste CD
-
Lize Beekman oor haar pad in die musiekbedryf
Haar pad na sukses was 'n lang een, maar Lize Beekman het deur die jare bewys dat sy een van Afrikaanse musiek se beste liedjieskrywers ooit is
















Kommentaar