David Beckham wys sy seuns by die 2010 Teen Choice-toekennings

SARIE Augustus 2010

David Beckham is as die Teen Choice-toekennings se sportman van die jaar aangewys.

Hy't sy 3 seuns Brooklyn (11), Romeo (7) en Cruz (5) saamgevat na die geleentheid toe, berig www.justjared.com.

Hy en die seuns het glo die hele naweek saam deurgebring. Gordon Ramsay en sy seun, Jack, was ook daar. Hulle het gaan kampeer in San Clemente, Kalifornië. Daarna is hulle na San Diego waar hulle in die Hard Rock-hotel gebly het en 'n VIP-draai by SeaWorld gaan maak het.

Beckham het ook laat val dat hy en Victoria gaande is oor Glee ('n musiekprogram soortgelyk aan High School Musical, nou ook op M-Net te sien). Sy hak-besering klaar ook op, hy's glo weer aan't hardloop en sien daarna uit om weer 'n bal te skop.

Verwante artikels

Galery

  • David Beckham by Brooklyn, Cruz en Romeo
  • David Beckham met Romeo en Cruz op die heup

Kommentaar

Web Development by FormFunction