Deon Opperman skryf GiGi se boek
Hulle stap al tien jaar 'n pad saam en nou is Deon Opperman (skrywer van die kykNET-reeks Getroud met rugby) die spookskrywer van Survivor-wenner GiGi se boek, Nipple Caps and G-strings.
Die boek is Januarie 2011 bekendgestel. Deon het ook die verhoogstuk met dieselfde naam vir GiGi geskryf, wat sy in 2002 opgevoer het. Vóór dit het sy in die produksie Whore, ook deur Deon geskryf, gespeel.
"Deon ken die bedryf en my storie baie goed," sê GiGi. "Die boek gaan oor hoe ek in 1990 as eksotiese danser begin werk het, hoe die bedryf oor die jare heen verander het en die moeilike pad wat ek gestap het om Lollipop Lounge oop te maak.
Verwante artikels
-
Deon Opperman
"Met Getroud met rugby wou ons wys dat rugby net soos die kerk is. Die kerk is heilig, maar die priesters val." - Deon Opperman, skrywer van Getroud met rugby. (KykNET se nuwe drama, begin Dinsdag, 7 April om 20:00) *Vir nog Getroud met rugby-stories,...
-
Deon Opperman se nuwe musiekblyspel
SARIE - Maart 2011
Na aanleiding van die reuse-sukses van sy vorige musiekblyspel, Ons vir jou, het Deon Opperman Tree aan! – Dit was die dae toe ons troepies was, geskryf.
-
GiGi speel in Willie Esterhuizen se nuwe fliek
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 4
Survivor 2010-wenner en klubeienaar GiGi speel in Willie Esterhuizen se nuwe fliek Stoute boudjies, wat in Desember 2010 uitgereik word.
-
Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
-
Nuwe Getroud met rugby-fliek!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Kuier agter die skerms van dié fliek oor die rugbyspan, die Stryders.
-
Survivor 2010: GiGi oor wat sy met haar wengeld gaan maak en die toekoms
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
GiGi, Survivor SA se wenner, het gisteraand 6 van die moontlike 9 stemme gekry. Dit was so hittete of sy het ook die publiek se stem gekry. Ashley het dié stem met net 0,61% gewen. GiGi het ‘n paar vrae op ‘n mediakonferensie beantwoord.
















Kommentaar
S het gesê:
Ag nee wat regtig. In Duitsland is dit dan niks snaaks om in 'n vaste verhouding te wees en ter selde tyd nog jou "nagwerkie" te he nie. Mense wat "interessante" werke doen is orals in die wereld hoekom sal dit nou juis Suid Afrika in 'n slegte lig stel?
4de Aug. 2010, 10:35Hyla het gesê:
ek is hier in London en het n paar tydskrifte gekoop (maar niks kom by SA tydskrifte nie!) toe ek daarin n artikel lees van GiGi en haar 'werk' - ek het stil-stil die boek weggesteek want hier kuier ook mense van ander Europese lande en weereens sal dit SA in n swak lig stel omdat sy van SA is en haar 'ware' so uitstal en verkoop want volgens die berig kan sy nie wag om baie geld te maak uit die sokker toeskouers nie en daar le daar nog sulke (vet, nou nie juis mooi nie) vrouens en verkoop hulle ware.... so ook is daar artikel van SA se paaie wat steeds in n swak kondisie is en al die geweld...... wens ek kon hier permanent bly as ek lees van al die moord en dood - ou GiGi se sekskepades kan nog gaan....
26ste Mei. 2010, 16:29