Diane Kruger - nuwe gesig van Calvin Klein

SARIE - Mei 2010

Sy's die gesig van Calvin Klein se nuwe parfuum, Beauty. Die Inglourious Basterds-ster en jarelange meisie van Fringe-akteur Joshua Jackson sal binnekort in 'n reeks gedrukte en TV-media verskyn.

So berig People.com. Dié Duitser het in 2004 internasionaal bekend geword vir haar rol as Helen in die fliek Troy.

En ons sal moet wag tot lentetyd 2010 om die nuwe Calvin Klein-geur te ervaar.

Diane Kruger is ook in Maart vanjaar aangewys as die gesig van L’Oréal.

 

Verwante artikels

Kommentaar