Die einde van Eden?

Deur Madge Booth, SARIE - Maart 2011

Die einde van Eden? Foto’s: verskaf Galery

Eden, SA se gewildste popgroep, het vandeesweek (Februarie 2010) aangekondig dat hulle as groep nog net tot einde April gaan optree. Hulle tree al meer as 10 jaar saam op.

Volgens Paulo Azevedo, een van die driemanskap, beteken dit nie dat die groep opbreek nie. "Ons wil almal net vir die res van die jaar op 'n paar ander projekte fokus. Ons gaan almal verras met 'n paar groter optredes einde vanjaar en begin volgende jaar."

Jay se album, Solo, is onlangs uitgereik en dit het reeds byna platinum-status bereik. Solo is ook al vyf weke lank die nommer 1 op DKNT, kykNET se top-10-program op Saterdagaande.

"Ek en Johan [Vorster] het saam met Jay besluit dis tyd vir sy solo-album. Johan het die liedjie 'Melanie' geskryf," vertel Paulo.

Daar is wel 'n nuwe album wat hulle saam gaan opneem aanstaande jaar – so die einde van Eden is dit darem nog nie.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction