Die geheime van Kurt Darren se troukoek
Foto’s: Dino Codevilla/Huisgenoot Galery
Mien Farrel van Devine Delights, wat Kurt en Dunay se troukoek gebak het gesels oor al die voorbereidings en uitdagings wat dié koek ingehou het.
Wie het die koek ontwerp? Was Kurt en Dunay betrokke by die ontwerp daarvan?
Dunay wou graag die kristal en roos tema van die troue herhaal in die troukoek en die ontwerp van die koek was 'n spanpoging tussen Dunay, myself en my vennoot Jenna Kearney.
Hoe is die koek gemaak? Veral die kunsmatige roosblare wat aan die buitekant was?
Die 768 roosblare is elkeen met die hand gemaak twee dae voor die troue deur Switserse sjokolade op ‘n vars roosblaar te verf en dan die blaartjie versigtig af te trek en siedaar 'n perfekte roosblaar van die beste sjokolade in die wêreld!
Watter spesifikasies of vereistes het Kurt en Dunay gehad?
Dunay en Kurt wou graag 'n groot koek hê wat genoeg sou wees vir hul gaste en dit moes 'n fokuspunt wees by die onthaal.
Watse koek was dit? Watter bestanddele was daarin?
Die koek het bestaan uit twee dele. Die een geur is 'n sjokolade Romany Cream koek wat bestaan uit lagies klam sjokolade koek met 'n romerige kondensmelk vulsel en Romany Cream koekies.
Die ander geur was 'n Roos Pistasie-neut koek wat in 'n sagte pienk gekleur is met 'n hemelse vulsel van gekapte pistasie-neute in 'n delikate roosgegeurde kondensmelkvulsel.
Hoe is die koek van Pretoria na Naboomspruit vervoer?
Ek en my vennoot Jenna het die koek in verskillende dele vervoer tot op my ouers se plaas wat gelukkig net 12km van Kurt se plaas af is. Ons het daar die finale afronding en versierwerk gedoen, waarna ons die hulp van my sussie, Rentia, ingespan het om vir ons chauffeur te speel.
Sy het ons toe verder tot op Kurt se plaas geneem. Dit het behoorlik al my en Jenna se aandag geverg om die koek veilig en in een stuk daar te kry. Die roosblare is baie delikaat en breek maklik. Dit is altyd senutergend om so ver met ‘n koek te ry en mens moet senuwees van staal hê (veral op 'n grondpad!)
Hoe het dit gebeur dat julle die koek gebak het?
Ons het vir Kurt en Dunay gekontak en ons diens aangebied. Nadat ons vir hulle 'n privaat koek proe-sessie gereël het, het Dunay ons kom sien om die ontwerp van die koek te bespreek. Alles het baie vinnig beweeg van daar af. Deon Lak van Rollbend het die staander vir ons ontwerp en dit moes sterk genoeg wees om die massa van die reuse koek te dra. Die staander moes in 'n rekord tyd gemaak word en my buurvrou Christa Ackerman wat juwele maak het vir ons die 96 stringe kristalle gemaak. Ons was baie opgewonde om deel te kon wees van hulle groot dag!
Watter ander bekendes se troukoeke het jy al van te vore gebak?
Izak en Mericke Davel
Ronel Erasmus die, Gospel sangeres
Paulo van EDEN
Stanton Fredericks, die Sokkerspeler
Heinke van der Merwe wat vir die Leeus rugby speel.
Vir meer oor Kurt en Dunay se troue gaan na www.huisgenoot.com
Verwante artikels
-
Dunay Nortjé (Kurt Darren se meisie)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
-
Kurt Darren - foto's van Australiese toer: "Sydney het gekook!"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Suid-Afrikaners in Australië weet dat die beste medisyne teen huis toe verlang 'n lekker Afrikaanse konsert is.
-
Kurt Darren - Ster sonder skandes
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 3
Hy het van sy lang hare, oorbel en ’n paar ekstra kilo’s ontslae geraak en sy heupe gegooi – toe raak Kurt Darren só gewild dat vreemde vroue hul liefde bely. Boonop maak hy nooit moles nie.
-
Kurt Darren se gunstelinge
SARIE - April 2009
Eie Liedjie “Hemel op Tafelberg” is my diepste liedjie. Ek hou ook van “Standing on the Edge”. SA Musikante Theuns Jordaan. Hy’s talentvol, nice en praat nie net heeltyd oor homself nie. Ek luister ook graag na Watershed en The...
-
Kurt Darren soos jy hom nog nooit gesien het nie
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 13
Kurt Darren het die laaste paar maande sy aanhangers geskok toe hy skielik uit die Jukebox-ateljee bedank het én sy radioprogram op Jacaranda 94.2 gekanselleer het.
















Kommentaar
auriol van Eeden het gesê:
lYK HEERLIK, KAN ONS DIE RESEP KRY ASB.
26ste Jan. 2011, 14:45Elize Bernstein het gesê:
Kan ons asb die resep vir die Romany Cream koek kry? Klink heerlik!!
26ste Jan. 2011, 07:27