"Die lewe begin op 50" - Susan Beyers
'Dis vir my so 'n lekker tyd van my lewe,' sê aktrise Susan Beyers.
"Dis swaar as jy besef jou rol as ma en vrou is op 'n einde, maar as die aanpassing eers verby is, is dit net lekker. Kinders kom terug as vriende en bring hul vriende. Ek besef ek is baie bevoorreg. Dis maar 'n kombinasie van geluk en gesondheid, goeie vriende en betrokkenheid by die lewe. Dis genade."
- TV- en verhoog-aktrise Susan Beyers gesels in die Maart-uitgawe van SARIE oor hoekom die lewe op 50 begin, en hoe sy oor tegnologie en motiveringsboeke voel.
SARIE is die mediaborg van Ou Blare met Joanie Combrink, Susan Beyers en Elsabé Daneel (met teks en regie deur Leon Kruger). Woordfees-vertonings op Stellenbosch: 8 Maart om 18:00 en 20:30; 10 Maart om 20:30. Wees ook op die uitkyk vir Ou Blare op die KKNK-program.
Verwante artikels
-
’n Bietjie meer vryheid vir ma
’n Ma wie se dogter met Down-sindroom gediagnoseer is en drie jaar gelede oorlede is, vertel haar kind se verhaal as deel van haar genesingsproses.
















Kommentaar