Die man aan Corine du Toit se sy
Dis vier jaar ná die gru-ongeluk waarin sy haar neus vergruis het en Corine du Toit se ster skyn helderder as ooit. Ook met die liefde gaan dit goed!
Die ongeluk waarin sy van 'n bewegende voertuig afgeval het, was 'n groot uitdaging vir haar verhouding met die sakekonsultant, Raz Jensen. Só het Corine in 'n 2009-onderhoud met SARIE vertel: "Raz het homself ná die ongeluk bewys. Hy het nie toegelaat dat ek depressief raak nie. Hy kon maklik gedink het hy moet eerder hardloop, maar hy het gebly. Ek moes vir 'n tweede operasie gaan sodat my neusbrug opgebou kon word en ons het nie geweet hoe ek sou lyk nie."
"Maar Raz het my ondersteun, emosioneel en ook op 'n praktiese vlak. Hy het my oral heen rondgery. Selfs met 'n plastiekpyp by die huis opgedaag waarin ek my arm kon sit terwyl ek my trui aantrek, want met 'n gebreekte gewrig was dit te seer as ek dit net so probeer doen het."
Sy vertel dat hulle al vir 5 jaar lank 'n paartjie is. Behalwe vir die liefde, gaan dit ook uitstekend met Corine se loopbaan.
Dié jaar was 'n besige een. Behalwe vir drama-werksessies saam met aktrise Tamarin du Toit (Cat in Egoli) en die 3 maandelange model-werksessie wat sy aangebied het, het Corine aan die spanningsprent, Night Drive, asook die fliek, Getroud met Rugby - Die onvertelde storie, gewerk. Albei word volgende jaar op die silwerdoek uitgereik.
En dan verskyn sy ook volgende jaar in Florida Road - 'n internasionale fliek wat reeds verskeie internationale toekennings verwerf het. Volgens Corine gaan handel dit oor 'n Indiese familie wat van Indië na Durban trek. "Ek speel 'n wannabe-aktrise op wie die jongste boetie verlief raak."
Lees ook:
Corine en Raz by die 2010 SA Style Awards
![]() |
Raz en Corine, die prag-paartjie |
![]() |
Corine lyk smeulend in 'n ontwerpersrok deur Lady Marmalaide en Diaan Daniels |
Verwante artikels
-
Corine du Toit en Heinz Winckler wys hul nuwe haarstyle
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Corine verruil haar lang lokke vir die pixie-haarstyl. Dit vat waagmoed en mooi gelaatstrekke, wat Corine beslis het.
-
Corine du Toit is verloof!
SARIE - April 2011
Die aktrise Corine du Toit het verlede Saterdag verloof geraak aan haar kêrel van 5 jaar, Raz Jensen.
-
Corine du Toit oor haar jongste fliek
SARIE - Oktober 2010
Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk die voorprent.
-
Corine du Toit se skoonheidswenke
SARIE - September 2009
Model en aktrise Corine du Toit glo daaraan om jou vel te hernu.
-
Corine du Toit, Vicky Davis in bekroonde kunsfliek met Holllywood-regisseur - VIDEO en foto's
SARIE Augustus 2010
Corine du Toit (Jane in Egoli), Pasella-aanbieder Vicky Davis, en komediant Cokey Falkow speel in Florida Road, die bekroonde kunsfliek wat handel oor 'n Indiese familie wat hul tuisdorp, Moembaai, verlaat vir 'n beter lewe in Durban.
-
Corine skitter weer
Die ongeluk wat haar gesig beseer het, het haar diep geraak, vertel Corine du Toit, Egoli se Jane, nou te sien in kykNET se dramareeks Getroud met rugby. En vir die 1ste keer onthul 'n dokter haar dramatiese herstelproses
-
Roer! - Corine du Toit se koue komkommersop
SARIE - September 2009
Nie baie mense weet dit nie, maar 'n komkommer word geklassifiseer as 'n vrug. Gebruik dit om 'n verfrissende sop te maak. Dit maak 'n heerlike voorgereg
-
Roer! - Corine du Toit se salm met groenslaai en wasabi-roomsous
SARIE - September 2009
Maak iets spesiaals van dié visgereg deur dit met 'n wasabi-roomsous voor te sit. Wees net versigtig, die wasabi laat dit lekker brand!





















Kommentaar