Dít het Juanita op haar verjaarsdag gedoen
Afrikaanse sangeres, Juanita du Plessis, het onlangs haar verjaarsdag gevier. Ons het gaan uitvind hoe sy dié dag deurgebring het.
Juanita du Plessis se man, Doepie, het 'n goeie voorbeeld vir alle mans gestel - en kán sy vrou se ouderdom 'n geheim hou! Hy het sy sangeres-vrou, Juanita, op 26 April met ontbyt in die bed bederf vir haar verjaarsdag waarna hulle en die kinders, Ruan (19) en die tweeling Franja en Mario (16), 'n intieme gesinskuier gehad het.
“Omdat daar gelukkig daardie dag nie skool was nie, kon ons die dag saam deurbring,” sê Doepie.
En met watter geskenk het hy haar bederf? Hy het ‘n skootrekenaar gekoop “wat sy kan saamneem op toere”.
By die kinders het sy onder meer ‘n digitale fotoraam, ornamente vir haar bidkamer en blomme gekry.
“Ons het haar bederf en gewys hoe lief is ons vir haar,” sê Doepie.
Op haar Facebook-blad het sy die volgende oor haar verjaarsdag te sê gehad: "Hoe kan ek ooit vir 'n beter verjaarsdag gevra het.... Ek is heeldag heerlik bederf! Baie dankie vir al julle pragtige boodskappies en gelukwensing, ek waardeer elkeen se woorde diep uit my hart. Ek dank God vir nog 'n lewensjaar wat Hy my gespaar het en ek dank Hom elke dag vir ondersteuners soos julle.... Lief julle! x" Sy het meer as 36 000 fans wat haar op dié blad volg.
* Lees verder oor watter 10 dinge Juanita droom.
Verwante artikels
-
10 Jaar van sukses - Juanita: ‘Oor dié 10 dinge droom ek’
SARIE - Desember 2007
200 verhoogoptredes en talle toekennings in 2007 later, en SA se goue ster Juanita du Plessis is gereed vir die vrede van Kersfees. En vir droom oor alles wat sy nog wil sien, doen, bemeester en gee ...
-
Juanita se man, Doepie, oor pa-wees
SARIE Augustus 2010
-
Juanita se nuwe Engel van my hart-CD: "Die openingsbestelling is alreeds platinum!"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Juanita du Plessis se nuutste album Engel van my hart verskyn vandag op die rak, en dit het reeds platinumstatus gehaal!
-
‘Vat my soos ek is’, sê Nicholis Louw
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 7
Hy’s nie deel van die ‘in-groep’ in sy bedryf nie, maar hy verkies dit so. Al maak dit hom soms die teiken van ’n geskinder


















Kommentaar