Kyk net wie's almal getroud in 2010 - Penélope, Robbie, Orlando...
Foto’s: www.hellomagazine.com Galery
Al wat 'n celeb is, het in die 2010 trou-seisoen die knoop deurgehaak.
As mens so na al die skelm, nie-so-skelm en koninklike troues van die afgelope paar maande kyk, wil dit voorkom of dit beslis die seisoen vir trou was.
Dit het begin met die koninglike troue van Victoria van Swede en Daniel Wrestling op 19 Julie. Die troue het by die Stockholm Katedraal plaasgevind.
En dit was nie die enigste bloubloed-troue nie. Prins Nikolaos van Griekeland en Tatiana Blatnik het op die romantiese Griekse eiland Spetses op 25 Augustus getrou.
Dan was daar die skelm troues: Penelope Cruz en die aantreklike Javier Bardem het stil-stilin Hawaii gaan trou. Ook in Hawaii was Megan Fox en Brian Austin Green se troue. Hulle het net ses gaste daar gehad.
Orlando Bloom het 'n paar meisies se harte gebreek deur met Miranda Kerr te trou. Hulle het skaars
SARIE BRUID
Die nuwe SARIE BRUID sal teen 15 September op die rakke wees.
hulle verlowing aangekondig toe kom dit uit hulle is getroud. En die stof het skaars gaan lê, toe sê Miranda sy is swanger.
Na 20-jaar het die Spaanse sanger Julio Iglesias, Enrique Iglesias se pa, uiteindelik met sy geliefde Miranda Rijnsburger getrou. Sy is die ma van vyf van sy agt kinders. Die troue is in Marbella, Spanje, gehou en net die paartjie se vyf kinders was daar.
Alicia Keys het ook die jawoord gegee. Sy is al ver swanger met Kaseem Dean se kind. Hilary Duff en Mike Comrie, 'n Amerikaanse hokkiespeler, het ook ewige trou gesweer.
Robbie Williams, wie se honde as strooimeisies gedien het, het met Ayda Field getrou. Dit het omtrent die tonge los gehad.
Die seisoen sal beslis onthou word vir die groot hoeveelheid troues. Miskien was dit iets in die lug?
![]() |
Robbie Williams en Ayda Field |
![]() |
Julio Iglesias en Miranda Rijnsburger |
![]() |
Prince Nikolaos van Griekeland en Tatiana Blatnik |
![]() |
Victoria van Swede en Daniel Wrestling |
![]() |
Orlando Bloom en Miranda Kerr |
![]() |
Megan Fox en Brian Austin Green |
![]() |
Hilary Duff en Mike Comrie |
![]() |
Penelope Cruz en Javier Bardem |
Vir nog bekende troues klik hier.
Verwante artikels
-
Al dié bekendes wat in 2010 uitmaak
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Nes jy dink dis die jaar van geluk en liefde, verbreek nog 'n 'gelukkige Hollywood-paartjie' hul verhouding.
-
Carike Keuzenkamp se seun trou op Mauritius - foto's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 45
Carike Keuzenkamp se seun, Werner, is op 27 Mei 2010 by die La Plantation Hotel op Mauritius met Johanna Botha getroud. Dit was 'n troue soos min! 'n Weeklange feesviering saam met 70 familielede en vriende op dié eksotiese eiland. Kyk deur die foto-album
-
FOTO: Sanger Robbie Williams se troudag
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Hier's die eerste amptelike foto van sanger Robbie Williams voor die kansel.
-
Penélope Cruz trou
SARIE Julie 2010
Die nuus is pas uit! Die pragtige Spaanse aktrise, Penélope Cruz (36), en haar liefde, mede-Spanjaard en akteur Javier Bardem (41), is stil-stil by 'n vriend se huis in die Bahamas getroud.
-
Só lyk Sonja Herholdt se trouman
SARIE Maart 2010
-
Springbok Jean de Villiers se troufoto's
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Springbok-rugbyspeler Jean de Villiers is in Augustus 2010 in die Boland met Marlie le Roux getroud.

































Kommentaar