Drama in 7de Laan
Foto’s: verskaf Galery
Sommer vroeg in die nuwe jaar is daar al drama in die Laan - in elke sin van die woord - en kan ons vriende gesien word soos nog nooit vantevore nie.
Want die Hillsiders hou konsert en dis alles vir 'n goeie saak: om geld in te samel vir die kinderhuis. Maar agter elke goeie daad wag die duiwel om dinge deurmekaar te krap.
Matrone sien onmiddellik haar kans om flikkers vir Oubaas te gooi wanneer hulle as die hoofkarakter se ouers teenoor mekaar speel . As sy nie sy hand soen nie, streel sy sy been en Hilda wil ‘n aar bars.
Maar Matrone is nie die enigste een met romanse in gedagte nie. Kim besluit dis net hier waar sy Pieter se hart gaan verower. Met 'n slenterslag bewimpel sy dit dat hulle die rolle van ‘n verliefde paartjie kry en selfs waar die teks dit nie vra nie, soen sy hom – tot Annelie se ergernis.
Wie van dié twee se plannetjies gaan werk? En gaan Hilda net terugsit en toelaat dat Matrone haar man afvry?
Hier kom duidelik 'n ding! So wat julle ook al doen, moenie 7de Laan van 24 Januarie 2012 misloop nie.



















Kommentaar
Dina janesn het gesê:
ag nee sies vir julle 7de laan is die beste ding wat met ons gebeur het ek hou van al mense in die laan dis goeie vermaak maar oubaas is die beste
3de Jan. 2012, 10:25Anne het gesê:
Kan ek ie asb vir 7de Laan n nuwe story lyn skryf nie? Skruwers is verbeeldingloos en storie lyne vervelig baie van on vriende en familie kyk nie meer 7deLaan nie!!!
2de Jan. 2012, 16:15Shaunita het gesê:
Ek stem en wat die mense moet besef is baie kinders kyk ook Sewende laan en watse beeld gee dit terug aan hulle bv Gita wat al die mans al gehad het in die storie ...Paula wat nou bietjie irriteerend raak en ja Hilda en Matrone en die klomp bakleiery.... En nou weer KIM asseblief doen iets nie
29ste Des. 2011, 15:04Annie het gesê:
Met jou Petro!! Ons voorspel 'n storielyn ook nou al 100% reg. Ons kyk nie eens meer die herhalings op sondae nie, nee wat, tydmors.
22ste Des. 2011, 11:32Rozanne Carolus het gesê:
So mal as wat ek oor die Laan is moet ek saam met die meeste van julle stem dit is nogal voorspelbaar.
21ste Des. 2011, 15:04Petro Walters het gesê:
Ek is jammer, maar ek en my man het nou al 'n kompetisie aan die gang: kom ons kyk wie kan voorspel wat gebeur volgende - en nie een van ons was nog verkeerd nie!!! Matrone moet haarself inhou vir 'n slag en haar gedra soos 'n vrou van haar ouderdom. Die vervaardigers maak Suid-Afrikaners uit as laag en "kommin" en vir een of ander rede lag die meeste mense hulle pap "want dis to so oulik" - snert! Ons is nie kommin of so goedkoop soos meeste karakters nie - hulle moet nou maar 'n ander storielyn kry want hulle is besig om kykers te verloor - ek kyk eerder die 24 uur nuus kanaal voor ek 7De Laan kyk!
20ste Des. 2011, 09:36christine naude het gesê:
matrone en Hilda se storie nou al holrug gery....kry tog asb nou vir haar 'n man...
19de Des. 2011, 20:01Melanie het gesê:
Ai ek wens iets regtag fun kan weer gebeur maybe bring meer afr se sangers in en gee di club n make over of ek sal dit love as hulle vir sandra trug bring al is dit vir n week of so
19de Des. 2011, 15:08susan het gesê:
ag tog wanneer gaan hulle nou ophou met die matrone /hilda dinge, dis al so boring, gee ons iets meer realiteit as daai klomp snert.ek kyk al van dag 1 maar nou raak julle storie bietjie saai.
19de Des. 2011, 14:49Hettie het gesê:
Ja regtig kan die skrywer nie met iets meer oorspronklik vorendag kom nie. dit pla nie eers as jy 'n episode van 7de laan mis nie.
19de Des. 2011, 14:22Florien het gesê:
Ek kan nie wag om dit te sien nie.... lol. Ek is mal oor die Laan en mis nie 'n episode nie!
19de Des. 2011, 13:43Annie het gesê:
Arme Matrone se storielyn is nou al so holrug gery, shame die arme vrou. Kry tog vir Pieter ook 'n beter storielyn asb. Hy is so 'n aantreklike outjie en het nie rerig "vleis" om sy storie nie.
19de Des. 2011, 10:55