Eat Pray Love–parfuum!
As mense nóú van Eat, Pray, Love praat, moet daar gevra word: “Die boek, die rolprent of die parfuum?”
Eers was dit Elizabeth Gilbert se persoonlike ervarings wat later 'n boek geword het. En met die gewildheid van die boek is besluit om dit in 'n draaiboek te omskep vir die fliek Eat Pray Love, waarin Julia Roberts die rol van Elizabeth vertolk. Nou is daar ook Eat, Pray, Love-parfuum deur die skoonheidshuis Fresh!
Dié van julle wat al die boek gelees het, sal weet dat Eat Pray Love besonders beskrywend is. As Gilbert ‘n pizza eet, eet jy saam! Jy was al Italië, Indië en Indonesië toe saam met Gilbert.
Eat, Pray en Love is nou ook drie afsonderlike parfuums. Dit is spesiaal ontwerp sodat jy al drie gesamentlik of afsonderlik kan dra!
Die parfuum Eat is ‘n vars kombinasie van suurlemoen, basiliekruid, roos, karamel en vanielje-geure. Eat is natuurlik geïnspireer deur Gilbert se reis na Italië.
Pray bevat wierook-, pienk peper-, jenewerbessie- en jasmyn-note. Meer speseryagtig en eksoties, geïnspireer deur haar besoek aan Indië.
Love is ‘n keurige kombinasie van sandelhout, jasmyn en amberreuke. Love se tropiesevrugte-geure soos bergamot en mango is geïnspireer deur haar besoek aan die Indonesiese eiland Bali.
Die fliek Eat Pray Love begin 8 Oktober by NuMetro-teaters wys.
Bronne: www.refinery29.com,numetro.co.za en fresh.com
EAT, PRAY, LOVE-PARFUUM!


- Foto van http://www.eatpraylove-movie.net/
Verwante artikels
-
'n Geur vir elke vrou
SARIE Augustus 2010
Daar is nie net een geur wat ’n vrou se gevoelens kan vasvang nie, glo La Prairie.
-
Britney se nuutste parfuum: "Dit laat enige vrou op haar mooiste voel..."
SARIE Augustus 2010
Dis haar 9de parfuum op die rak en Radiance het klaar die wêreld aan die praat.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Eat Pray Love.Ditto: Dag 6 – Certaldo
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Die oggend is afsydig en ontvang ons kil met ’n sterk wind en vlae misreën. Geen joga vir my vanoggend nie!
-
Elizabeth Taylor se verleidelike oë verkoop nou parfuum!
SARIE - November 2010
Die parfuum is vars en intiem, maar so ook die oë daaragter – dié van Elizabeth Taylor!
-
Eva Longoria stel haar nuwe parfuum bekend
SARIE September 2010
Nou kan almal 'n bietjie van Eva dra.
-
Heidi Klum se skitter-parfuum
SARIE - Januarie 2011
Heidi Klum is bekend op meer as een gebied op die mode-front ... Nie net is sy die aanbieder van The Project Runway nie, maar sy is ook een van die wêreld se bekendste modelle en mode-ontwerpers.
-
Jennifer Aniston se eie parfuum - kyk die video van die bekendstelling in Harrods
SARIE - April 2010
Hollywood-liefling Jennifer Aniston sal ná 'n skeppingsproses van 20 maande haar eie parfuum, Lolavie, in April 2010 by Harrods in Londen bekendstel.
-
Jonger oë - jonger jy!
SARIE Augustus 2010
3 maklike stappe na varser, jonger oë.
-
Julia Roberts se mooiste foto's vir 'Eat, Pray, Love' - sy praat oor Botox
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Julia Roberts is op die September-voorblad van ELLE-tydskrif (internasionaal). Hiervoor is Eat, Pray, Love-geïnspireerde foto's geskiet. Kyk net die foto's!
-
Julia Roberts sê nee vir Botox!
SARIE Augustus 2010
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
-
Julle gunsteling parfuums
SARIE Augustus 2010
-
Justin Bieber en Kim Kardashian in die Bahamas?
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Tiener-popsensasie Justin Bieber en Kim Kardashian was in die Bahamas vir 'n fotosessie vir 'n bekende oorsese tydskrif. En dit na 'n paar haat-e-posse van Bieber se aanhangers...
-
Kry vir jou man Bruce Willis se parfuum, dis glo die manlikste geur nóg
SARIE Julie 2010
Met al daai aksieflieks op sy kerfstok is dit moeilik om te glo dat Bruce Willis sy eie parfuum het nie.
-
Kylie Minogue se ‘At home’-linnereeks nou in SA!
SARIE Augustus 2010
Pop-sensasie Kylie Minogue het haar eie linnereeks twee jaar gelede bekendgestel en in 2010 ook in Suid-Afrika beskikbaar gestel!
-
Ruik lekker, voel sexy!
SARIE - Maart 2011
-
Steve Hofmeyr oor die fliek Eat, Pray, Love
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het Steve van Julia Roberts se nuutste fliek gedink...
-
Woody Allen se nuutste fliek (met Carla Bruni!) - Midnight in Paris
SARIE Augustus 2010
Hulle het vroeg in Julie 2010 begin skiet aan Midnight in Paris (natuurlik in die Franse hoofstad).

















Kommentaar
Thea Grobler van der Nest het gesê:
Dis 'n wonderlike kombinasie - nou kan ons net meer met die boek assosieer en Elizabeth se wedervaringe meemaak - is die parfuums al in SA beskikbaar, waar?
10de Aug. 2010, 08:57