Eat, Pray, Love se voorprent met Julia Roberts - Kyk die video
Elizabeth Gilbert se memoires Eat, Pray, Love het soos 'n veldbrand tussen ywerige lesers regoor die wêreld versprei en nou is dit 'n fliek. Hier's die voorprent.
Met niemand anders as Julia Roberts in die hoofrol, teenoor Javier Bardem en James Franco. Brad Pitt en Dede Gardner is die vervaardigers, Ryan Murphy die regisseur.
Waaroor gaan dit?
Elizabeth Gilbert het alles gehad - 'n goeie man, 'n huis en 'n vakansiehuis. Maar dit was te min, te laat. Sy't besef wat sy eintlik uit die lewe wou hê. Ná 'n egskeiding vertrek sy op 'n reis na dit wat werklik vir haar bestem is.
Besoek die facebook-blad van Eat, Pray, Love
Het jy geweet?
* Die film is op 5 verskillende plekke geskiet: New York, Napels (Italië), Pataudi (Indië) en Bali (Indonesië)
* Daar was 'n oproer in Indonesië toe die plaaslike inwoners paaie versper het en duisende dollars geëis het oor 'n misverstand rondom verfilmingstye. Die geskil is intussen opgelos en verfilming kon voortgaan.
Verwante artikels
-
Gevind: Die meisie met die 'dragon tattoo'
SARIE Augustus 2010
Kyk wie het die rol van Lisbeth Salander gekry?
-
Julia Roberts oor haar hoofrol in Eat Pray Love
SARIE - Oktober 2010
-
Julia Roberts se hare en lippe
SARIE - Mei 2010
Jy hoef nie 'n Hollywood-ster te wees om Oscar-mooi te lyk nie!
-
Julia Roberts sê nee vir Botox!
SARIE Augustus 2010
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
-
The Wizard of Oz het in 2010 71 jaar oud geword
SARIE Augustus 2010
Interessante feite van The Wizard of Oz wat jy dalk nie geweet het nie.
















Kommentaar
Verité Ann du Toit het gesê:
Julia Roberts is een van my gunsteling aktrises!Daardie glimlag! Ek mis nie een van haar flieks nie.
8ste Okt. 2010, 17:34