Eclipse, die derde in die Twilight-reeks, se voorprent uitgereik
Hier gaan ons alweer! Vampier-koors styg en dinge raak donker. Die lank verwagte voorprent van die derde fliek in die supergewilde Twilight-reeks, Eclipse, is pas op YouTube bekend gestel.
Die liefdesdriehoek tussen Bella (Kristen Stewart), Edward (Robert Pattinson) en Jacob (Taylor Lautner) verdiep. Dakota Fanning is ook in dié fliek te sien, maar beslis in haar donkerste rol nog.
Aanhangers is vroeër dié week vir 'n rukkie gelukkig gemaak toe 'n voorprent van 10 sekondes vrygestel is. Die vollengte-voorprent is eers die volgende dag uitgereik.
Die fliek is in Vancouver, Kanada, geskiet en word op 2 Julie in Suid-Afrika bekend gestel.
Lekker kyk!
Verwante artikels
-
Ontmoet Bella en Edward van Twilight se 'dogtertjie'
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Die verfilming van die vierde en finale boek van die Twilight-saga, Breaking Dawn, het reeds begin. En hier is die eerste foto’s van Bella en Edward se 'dogtertjie', Renesmee Cullen, die half-vampier-half mens, gespeel deur die oulike Mackenzie Foy (10).
-
Twilight wen groot by MTV-toekennings
By gisteraand (31 Mei) se MTV-toekennings het die fliek Twilight behoorlik skoonskip gemaak.
















Kommentaar
martie het gesê:
dis n stunning reeks en ek wil dit net oor en oor kyk
2de Aug. 2010, 11:00mitzi barr het gesê:
twilight rock ek kan nie genoeg daarvan kry nie
6de Jul. 2010, 14:49